JF OESTER

Classic Clash – wat ’n jol!

May 28, 2025

Berig Deur Anné Roos

Die Classic Clashes beteken soveel meer as net sport – dit beteken ook ’n week vol kaskenades, kapperjolle en natuurlik kultuur!

Die Classic Clashes-week is afgeskop met ’n Dink of Sink debatskompetisie, en hier by JF kán ons dink, want ons het die Tralies se moed diep in hulle skoene laat sink! Beide senior spanne, naamlik die Aanvallende Anties (Lisa Botha, Amoné Verwey en Suné Deacon) en die Drie Bekke van Breinbedreiging (Jaco Deysel, JP Ehlers en Wihan Coertzen) het hulle onderskeie kompetisies teen gedugte Tralie-teenstanders gewen. Die juniors moes ongelukkig die knie voor die junior Tralies buig.

Dan was daar Dinsdag ‘n spelkompetisie waar leerlinge kon spog met hul taaltalente. In die junior afdeling is ’n tweede plek behaal deur Lesedi Guilele en ’n eerste plek deur Kaitlin Luyt. In die senior afdeling het Janah Swarts ‘n derde plek behaal.

Laastens, maar definitief nie die minste nie… Die Talent Clash! Dit was letterlik en figuurlik musiek in ons ore om te hoor dat beide eerste en derde plekke deur onderskeidelik twee JF-leerlinge, naamlik Khanyisile Zwane en Inge Stoltz, verower is.

Na afloop van die Talent Clash, is daar ook lekker gesokkie, en ons kan eerlikwaar sê dat die opwindende week op ‘n hoogtepunt afgesluit is, wat die afwagting na die naweek se groot sport, net soveel meer gemaak het.

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester KAF Oct 14, 2025

Die beste van alle tye…regtig!

Die amptelike KKNK webwerf beskryf die blitsteater toneelstuk “Beste van alle tye” as volg:

“’n Musikale sketskomedie met ’n kinkel. Moenie tevrede wees met die alledaagse wanneer jy kan uitblink nie. Twintig minute van die beste . . . nie net van nou nie, maar van alle tye!”

Oester KAF Oct 14, 2025

Lus ‘n bietjie Ont-

Die amptelike KKNK webwerf beskryf die toneelstuk “Ont-” as volg:

“Ont- is ’n solostuk wat die grootwordproses van ’n jong Afrikaner ontleed."

Oester KAF Oct 14, 2025

Werklike KUNS

Die KKNK webwerf beskryf die toneel “KUNS” as volg:

“Buiten dat smaak verskil, is daar ook al menigte argumente gevoer oor die konsep van wat kuns is, wat nog te sê wat goeie kuns is."