Rolbal is ’n sport wat baie onderskat word. Soos enige ander sport verg dit konsentrasie en koördinasie; jy moet nog steeds teenoor die ander deelnemers respek betoon en dan, soos enige sport maar is, is dit kompeterend.
Hou bene hou!
Die Jim Fouché-atlete het beslis die vakansie by die Nasionale Hoërskole Atletiekbyeenkoms presteer. Met hulle puik prestasies het hulle JF se naam só ver en hoog gedra soos wat hulle kon hardloop, stoot en spring.
Muurbalsensasie maak golwe landwyd
Wanneer talent, harde werk en vasberadenheid saamkom, gebeur daar iets besonders. Soos wanneer ’n jong sportster haar drome agternasit en haar naam op nasionale vlak laat hoor.
Twee pare helde op die JF-sportvelde
Een ding wat almal oor sport weet ̶ ongeag daarvan of hulle sportief is of nie ̶ is wie almal in die eerste spanne is. En dan is daar dáái paar atlete wat nie net in één sport vir die eerste span speel nie. Dan verbaas dit mens ook nie wanneer hulle boetie of sussie ook by daardie paadjie afstap nie.
JF-TENNIS SKITTER OP DIE BANE!
Jim Fouché se tennisspanne het van 7-8 Februarie met ‘n brandende gees deelgeneem aan die Van Niekerk-en-Koen Tennistoernooi te Burgersdorp.
VONKE EN KLEURE: WIE NEEM DIE KROON?
Kleur, gees en atmosfeer is een van die vele dinge wat ons as ’n JF-gemeenskap weet hoe om spontaan te skep. Op 24 Januarie 2025 het Hoërskool Jim Fouché hulle jaarlikse kleureatletiek gehad, maar hierdie jaar was beslis nie soos al die vorige jare nie, hierdie een was… Uniek.
Elke keer ‘n kolskoot – op én van die baan
By Hoërskool Jim Fouché word ons nie net geïnspireer deur die leerders se prestasies nie, maar ook deur ons eie personeel.
JP Botha Atletiekbyeenkomste – Jim Fouché hardloop die kompetisie weg!
Die JP Botha Atletiekbyeenkoms van Hoërskool Jim Fouché het op ‘n helder Saterdag (19 Oktober 2024) plaasgevind.
JF-Leerders Gloei vir Netbal!
Met glowsticks in die hand, en bedek met neon-verf, was die JF-kinders gereed om netbal te speel dat die biesies bewe!
Krieket Langs die Kus
Jim Fouché se eerste krieketspan het ’n uitstekende reis na Mosselbaai onderneem, waar hulle al drie van hulle wedstryde gewen het, maar hulle sukses het veel verder as die telbord gestrek, aangesien hulle ook ’n paar ontspannende uitstappies bygewoon het.