Classic Clash — ’n mens dink altyd net aan die rugby-, hokkie- en netbaluitslae, maar aan skaak dink ’n mens nie dikwels nie.
Doornkloof
Terwyl die meeste JF-leerders op toer was en ander maar net lekker hul April-vakansie geniet het, het die Voortrekkers op Doornkloof gaan kamp.
Die kuns van raakpraat …
Artemis II se grootste kompetisie dalk net ’n wiskunde-juffrou
Talente onder ’n maatemmer wegsteek? Nog nooit nie!
Op Donderdag, 26 Februarie 2026, het die leerders van Jim Fouché weer gewys wat in hulle steek met die jaarlikse JF’s Got Talent.
JF dans soos ‘n vlam in die wind – of eerder die reën
Al het die reëndruppels buite geval, het dit nie die brandende gees van Hoërskool Jim Fouché se Vat Vlam-aand geblus nie.
DINK OF SINK? JF skop “water” in opponente se oë!
Een onderwerp. Vir of teen. Vyf minute op die stophorlosie. Drie standpunte. En dan net een kans om jou woorde soos wapens te gebruik …
Agter die skerms van Tienertoneel
Alle drama-kinders ken die gesegde: Dit wat agter die verhoog gebeur, moet agter die verhoog bly, maar soms is dit lekker om agter die gordyn in te loer …
DRAMAties
BLOEI. ‘n Titel. ’n Simbool van groei. En hierdie jaar die hartklop van ’n produksie wat sedert 2008 van ’n eenvoudige kerkprojek in ’n klein dorpie, tot ‘n opregte DRAMAtiese belewenis ontwikkel het – met JF-leerders en oudleerders reg in die middel van die aksie.
Willemien en Meraaitjie en Willie Wragtig die troeteldrakie
Ons eie Juffrou Stella Nortier verskyn nie net voor ’n witbord nie, maar op die verhoog ook! Ek het by haar gaan inloer om ’n bietjie meer uit te vind…
Sarie Marais, Die Taal Wat Op My Lippe Lê
Sarie Marais se stem fluister al eeue lank deur die asem van ons mense. Sy’s meer as ’n lied; sy’s ’n herinnering, ’n anker, ’n stuk identiteit wat diep in die hart van Afrikaans lê.










