JF OESTER

Die Classic Clash Lofsangaand

May 27, 2025

Berig Deur Joané de Beer

JF en Sentraal sit tydens die Classic Clashes beslis nie langs dieselfde vuur as dit kom by wie die beste skool is, of die beste gees het nie, maar een ding waarmee ons almal kan saamstem, is dat beide skole kinders van God is.

Dus word daar by die jaarlikse Classic Clash ’n lofsang-en-aanbiddingsaand gehou, waar daar beslis ’n band tussen die twee skole gevorm word deur ’n gesamentlike doel: om die Here te loof en prys. Dit was beslis weer by hierdie jaar s’n só! Die opwinding op daardie Woensdagaand was tasbaar toe al die leerders by die saal ingestap het. Met die helderkleurige ligte, die rookmasjiene en die musiekgroep van ’n plaaslike kerk op die verhoog, waarvan een van die lede ons eie juffrou Suanne was, was die JF- en Sentraal-leerders gereed om hulle stembande los te maak. Nie net was daar ’n verskeidenheid van rustige en opwindende liedjies nie, maar ook ‘n hele klompie dansbewegings. Hierdie lofprysingsgeleentheid is ook vergesel van ’n baie insiggewende boodskap deur Jim Fouché se eie juffrou Alexa.

Asof dit nie genoeg is nie, kon leerders smul aan die geurige koffie en heerlike ham-en-kaastoebies en pannekoek wat te koop was. Ná ’n hele aand vol lewendige liedjies en hoendervleisoomblikke, het die JFFJ-leiers en Sentraal-VCSV-kringleiers bymekaargekom om vir die naweek en vir mekaar te bid. Beslis nog ’n hoendervleisoomblik!

Die aand was ’n absolute sukses en is een van die vele Classic Clash-tradisies wat hier is om te bly. Dis ‘n aand wat ons herinner dat ons dalk deur skole geskei is, maar dat ons almal steeds kinders van dieselfde Here is.

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester Kultuur Aug 25, 2026

JF vier Kultuur

Probeer om voor mense te leer praat of help met 'n ATKV-projek, want as daar één ding is wat kultuur jou leer, is dit om braaf te wees, al is jy bang.

Oester Sport Sportuur Aug 25, 2026

JF vs Grey: Wie sê dis verby?

As jy op 3 Augustus 2026 langs die hokkieveld gestaan het, sou jy dalk vibreer het van opgewondenheid, maar ook ’n tikkie spanning. Want JF se eerste span het teen Grey in die halfeindstryd gespeel, en met Grey se sterk geskiedenis in sport het niemand geweet wat om te verwag nie.

Oester KAF May 29, 2026

Die Big Brag

Die jaarlikse Big Brag was weereens ’n besonderse hoogtepunt op JF se kalender. ’n Dag gevul met trots, opgewondenheid en ware JF-gees.