Ons is in ekstase om aan ons JF familie bekend te maak dat ons skoolwapen 'n nuwe "look" gekry het. Die skoolwapen het 'n paar veranderinge ondergaan, en na dae, weke en selfs maande se beplanning deur personeellede sowel as die beheerliggaam, is dit finaal goedgekeur.