Die JF-familie is baie opgewonde om meneer Paul Spies by ons skool te verwelkom.
Willemien en Meraaitjie en Willie Wragtig die troeteldrakie
Ons eie Juffrou Stella Nortier verskyn nie net voor ’n witbord nie, maar op die verhoog ook! Ek het by haar gaan inloer om ’n bietjie meer uit te vind…
Liefde op ’n krans – Juffrou Arné se sprokiesverlowing!
Tussen witbordmerke, klasroosters en pouses met koffie het daar stil-stil iets besonders by Hoërskool Jim Fouché gebeur.
Juf. Elrie Groenewald – Omgee is haar middelnaam
Juffrou Elrie Groenewald is as een van Jim Fouché se nuwe LO-onderwyseresse aangestel, en, nes die graadagts s’n, was die eerste dag vir haar nogal oorweldigend, aangesien dit die eerste keer is dat sy voor in die klaskamer moes staan en klasgee.
Leer ken vir Juffrou Ine-Marie
Leer ken vir Juffrou Ine-Marie. Dit is `n voorreg om so ’n passievolle onderwyseres by JF te kan hê met soveel drome en liefde vir haar leerders.
Juffrou Chané Birk
Danksy nóg ’n juffrou wat mamma geword het, sluit juffrou Chané Birk by die JF-familie as aflosonderwyser aan.
Juffrou Cara Cairncross
Jim Fouché ontvang juffrou Cara Cairncross met ope arms en ’n hartlike verwelkoming in die Kunsdepartement.
Kultuurdier van Klerksdorp – Juffrou Estelle Kies JF
Sy is ongelooflik lief vir haar moedertaal, sy het meer boeke as wat sy kan tel en sy wil ’n nuwe perspektief skep by leerders. JF verwelkom ’n splinternuwe juffrou in die Afrikaanse departement: juffrou Estelle Delport.
Juffrou Elizri Malan – Jim Fouché verwelkom oudskolier
’n Onderwyser vol passie vir drama en kinders. Iemand wat gedrewe is en tot haar volle potensiaal wil styg. Sy skrik nie vir harde werk nie. Harde werk is vir háár bang.
Juffrou Helé Smith: ’n Vars briesie in die Verbruikersklas
Jufffrou Helé kom van Brandfort, net ’n klipgooi van Bloemfontein af. Daar het sy haar skoolloopbaan by Staatspresident Swart voltooi.










