JF OESTER

Juffrou Cara Cairncross

Feb 20, 2025

Berig Deur Lisa Smith

Jim Fouché ontvang juffrou Cara Cairncross met ope arms en ’n hartlike verwelkoming in die Kunsdepartement.

Haar kunspad het op hoërskool begin met ’n kwaai juffrou wat altyd met haar geraas het. Juffrou Cara besluit toe om harder te werk om haar juffrou te beïndruk, en haar punte het gevolglik baie gestyg.

“Ek het nie kuns gekies nie, kuns het mý gekies,” lag sy.

Juffrou Cara was altyd baie betrokke by die eerstejaarstudentekamp in Pretoria. Eendag vra sy vir die Here of dit is wat sy vir die res van haar lewe kan doen, en sy ervaar dat die Here haar vir die onderwysberoep roep.

Voor sy by JF aangesluit het, het sy ’n BA-graad in ontwerp gedoen, met sielkunde as ekstra vak. Daarna het sy haar Honneursgraad in sielkunde verwerf, en toe ook NGOS gedoen. Volgende op haar lys is om haar meestersgraad in Sielkunde, Onderwys of Opvoedkundige Onderwys doen, maar sy moet nog besluit.

Uit ’n Gautenger se oogpunt vertel sy dat mense ’n wanpersepsie oor Bloemfontein as ’n klein Pretoria het. Volgens haar is mense hier vriendeliker, almal is Afrikaans en die verkeer is baie minder.

In haar vrye tyd geniet sy dit om gholf te speel, te lees en net te ontspan met Netflix, en haar Gunsteling-Bybelvers is Romeine 8:8.

Deur Lisa Smith

Kategories

Argiewe

1 Comment

  1. Janco

    Die klink na n baie oulike juffrou.

    Reply

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester Kultuur Aug 25, 2026

JF vier Kultuur

Probeer om voor mense te leer praat of help met 'n ATKV-projek, want as daar één ding is wat kultuur jou leer, is dit om braaf te wees, al is jy bang.

Oester KAF May 29, 2026

Die Big Brag

Die jaarlikse Big Brag was weereens ’n besonderse hoogtepunt op JF se kalender. ’n Dag gevul met trots, opgewondenheid en ware JF-gees.