JF OESTER

Die kuns van raakpraat …

May 11, 2026

Berig Deur Corlé Roos

Geagte Voorsitter, Dames en Here.

Hoërskool Jim Fouché het hierdie jaar weer aan die ATKV Redenaars deelgeneem, en ek kan beaam dat ons deelnemers se toesprake op almal se lippe was.

“Naskrif”, “polemiek” en “risiko” was van die temas waarmee die leerders kon woeker, en daar is geredeneer tot laat die aand (Ons het eers omtrent om middernag uit Bethlehem teruggekeer.) Perspektiewe is omgegooi, kennis is gedeel en tussen alles deur het daar iets vasgesteek. Dalk is iemand oortuig om maar liewer hulle selfone te bêre (risiko van selfone) of dalk is daar iets dieper wat geleer kon word – soos dat die lewe nie ‘n naskrif het nie (Sê wat jy moet sê; doen nóú wat jy moet doen.)
Een ding het ek tussen al die flitskaarte, senuwees en beoordelaars gesien: Passie is aansteeklik, so wat keer jou om as JF-leerder opreg om te gee, en jou boonop uit te spreek, oor dit wat jou hart drie keer vinniger laat klop?

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester KAF May 29, 2026

Die Big Brag

Die jaarlikse Big Brag was weereens ’n besonderse hoogtepunt op JF se kalender. ’n Dag gevul met trots, opgewondenheid en ware JF-gees.

Oester Kultuur May 25, 2026

Gelykop

Classic Clash — ’n mens dink altyd net aan die rugby-, hokkie- en netbaluitslae, maar aan skaak dink ’n mens nie dikwels nie.

Oester Kultuur May 18, 2026

Doornkloof

Terwyl die meeste JF-leerders op toer was en ander maar net lekker hul April-vakansie geniet het, het die Voortrekkers op Doornkloof gaan kamp.