JF OESTER

Eers Algebra, volgende die Maan

May 11, 2026

Berig Deur Adele Pienaar

Artemis II se grootste kompetisie dalk net ’n wiskunde-juffrou

Met die opgewondenheid rondom die wêreld se nuwe maanmissie, Artemis II, het ons skool besluit om ’n baie belangrike vraag te vra: Watter personeellid sal heel waarskynlik só ’n missie oorleef? Die antwoord het vinnig en duidelik gekom – juffrou Koekemoer! Terwyl Artemis II beplan om mense weer om die maan te stuur vir die eerste keer in dekades, glo ons leerders dat juffrou Koekemoer sonder twyfel perfek sal inpas tussen die ruimtevaarders. As wiskunde-onderwyseres is sy reeds gewoond daaraan om moeilike probleme vinniger op te los as wat ’n vuurpyl opstyg, en haar kalm geaardheid sal selfs ’n tegniese fout in die ruimte laat lyk soos net nóg ’n wiskundesom.

Maar buiten al die slimheid, is dit eintlik juffrou Koekemoer se ongelooflike persoonlikheid wat haar die ideale kandidaat maak. Sy is een van daardie wonderlike mensies wat altyd vriendelik bly, selfs onder druk, iets wat beslis handig sal wees miljoene kilometers van die aarde af! ’n Mens kan jou sommer voorstel hoe sy op die ruimtetuig sit, besig om sterre dop te hou, terwyl sy terselfdertyd iemand help om x uit te werk. Een ding is seker: As Artemis II nóg ’n spanlid nodig kry, weet Hoërskool Jim Fouché presies wie om aan te beveel!

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester Kultuur Aug 25, 2026

JF vier Kultuur

Probeer om voor mense te leer praat of help met 'n ATKV-projek, want as daar één ding is wat kultuur jou leer, is dit om braaf te wees, al is jy bang.

Oester KAF May 29, 2026

Die Big Brag

Die jaarlikse Big Brag was weereens ’n besonderse hoogtepunt op JF se kalender. ’n Dag gevul met trots, opgewondenheid en ware JF-gees.