JF OESTER

Doornkloof

May 18, 2026

Die lekker van Voortrekkers

Terwyl die meeste JF-leerders op toer was en ander maar net lekker hul April-vakansie geniet het, het die Voortrekkers op Doornkloof gaan kamp. Vanaf 28 Maart tot 2 April 2026 het Jim Fouché se Voortrekkers hul vakansie geniet op ‘n manier wat sommige mense nie gewillig is om te doen nie.

Die doel van dié kamp was om die tieners die beginsels van goeie leierskap te leer, hul uithouvermoë te verbeter en verantwoordelikheid aan te leer. Die praatjies was diep en ernstig, en het ’n blywende indruk gemaak.

Natuurlik moes daar ook lekker dinge gedoen word, soos om te leer van die verskillende voëls in die hemel en om die wildlewe te bewonder. Daar was ook talle speletjies, en lekker gesellige geselsies. Ook is daar nuwe vaardighede geleer, soos hoe om hout bymekaar te maak, daarmee ‘n vuur aan te steek en self jou maaltyd voor te berei.

Die kamp is afgesluit met ’n heerlike dinee, en sleepvoet, maar tog ook vervul, het almal weer huis toe vertrek – want nie net is vriendskappe versterk nie; ons het onsself weer eens ontdek.

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester KAF May 29, 2026

Die Big Brag

Die jaarlikse Big Brag was weereens ’n besonderse hoogtepunt op JF se kalender. ’n Dag gevul met trots, opgewondenheid en ware JF-gees.

Oester Kultuur May 25, 2026

Gelykop

Classic Clash — ’n mens dink altyd net aan die rugby-, hokkie- en netbaluitslae, maar aan skaak dink ’n mens nie dikwels nie.