JF OESTER

Moedersdag: Hart van die huis, lig van die skool

May 10, 2026

Berig Deur Adele Pienaar

Moedersdag is meer as net ’n dag vir blomme, kaartjies en ontbyt in die bed. Dit is ’n spesiale geleentheid om dankie te sê vir die mense wat elke dag met liefde, geduld en opoffering vir ander leef. ’n Ma se rol eindig nie wanneer haar kinders by die skoolhekkie afklim nie; dit leef voort in elke aanmoediging, elke gebed en elke opoffering wat stilweg gemaak word.

By ons skool sien ons ook hierdie liefde daagliks raak in die lewens van baie van ons onderwysers. Baie van ons “onnies” is nie net opvoeders in die klaskamer nie, maar ook mammas by die huis. Ná lang skooldae wag daar steeds kosmaak, huiswerk help, sportoefeninge, ondersteuning en liefde. Tog stap hulle elke oggend weer met ’n glimlag die skool binne en gee hulle hul beste vir elke leerder.

Onderwysers speel dikwels ook ’n moederlike rol vir leerders met ’n woord van bemoediging, ’n drukkie op ’n moeilike dag of net iemand wat luister wanneer dit nodig is. Hulle herinner ons dat om om te gee, een van die grootste gawes is wat iemand kan hê.

Hierdie Moedersdag vier ons dus nie net die mammas by die huis nie, maar ook die ongelooflike vroue by ons skool wat elke dag liefde, wysheid en ondersteuning uitleef. Dankie aan elke ma, ouma en onderwyseres wat ander se lewens mooier maak deur eenvoudig daar te wees.

Gelukkige Moedersdag aan al die spesiale vroue in ons skoolgemeenskap!

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester KAF May 29, 2026

Die Big Brag

Die jaarlikse Big Brag was weereens ’n besonderse hoogtepunt op JF se kalender. ’n Dag gevul met trots, opgewondenheid en ware JF-gees.

Oester Kultuur May 25, 2026

Gelykop

Classic Clash — ’n mens dink altyd net aan die rugby-, hokkie- en netbaluitslae, maar aan skaak dink ’n mens nie dikwels nie.

Oester Kultuur May 18, 2026

Doornkloof

Terwyl die meeste JF-leerders op toer was en ander maar net lekker hul April-vakansie geniet het, het die Voortrekkers op Doornkloof gaan kamp.