JF OESTER

Moedersdag: Hart van die huis, lig van die skool

May 10, 2026

Berig Deur Adele Pienaar

Moedersdag is meer as net ’n dag vir blomme, kaartjies en ontbyt in die bed. Dit is ’n spesiale geleentheid om dankie te sê vir die mense wat elke dag met liefde, geduld en opoffering vir ander leef. ’n Ma se rol eindig nie wanneer haar kinders by die skoolhekkie afklim nie; dit leef voort in elke aanmoediging, elke gebed en elke opoffering wat stilweg gemaak word.

By ons skool sien ons ook hierdie liefde daagliks raak in die lewens van baie van ons onderwysers. Baie van ons “onnies” is nie net opvoeders in die klaskamer nie, maar ook mammas by die huis. Ná lang skooldae wag daar steeds kosmaak, huiswerk help, sportoefeninge, ondersteuning en liefde. Tog stap hulle elke oggend weer met ’n glimlag die skool binne en gee hulle hul beste vir elke leerder.

Onderwysers speel dikwels ook ’n moederlike rol vir leerders met ’n woord van bemoediging, ’n drukkie op ’n moeilike dag of net iemand wat luister wanneer dit nodig is. Hulle herinner ons dat om om te gee, een van die grootste gawes is wat iemand kan hê.

Hierdie Moedersdag vier ons dus nie net die mammas by die huis nie, maar ook die ongelooflike vroue by ons skool wat elke dag liefde, wysheid en ondersteuning uitleef. Dankie aan elke ma, ouma en onderwyseres wat ander se lewens mooier maak deur eenvoudig daar te wees.

Gelukkige Moedersdag aan al die spesiale vroue in ons skoolgemeenskap!

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester Kultuur Aug 25, 2026

JF vier Kultuur

Probeer om voor mense te leer praat of help met 'n ATKV-projek, want as daar één ding is wat kultuur jou leer, is dit om braaf te wees, al is jy bang.

Oester Sport Sportuur Aug 25, 2026

JF vs Grey: Wie sê dis verby?

As jy op 3 Augustus 2026 langs die hokkieveld gestaan het, sou jy dalk vibreer het van opgewondenheid, maar ook ’n tikkie spanning. Want JF se eerste span het teen Grey in die halfeindstryd gespeel, en met Grey se sterk geskiedenis in sport het niemand geweet wat om te verwag nie.

Oester KAF May 29, 2026

Die Big Brag

Die jaarlikse Big Brag was weereens ’n besonderse hoogtepunt op JF se kalender. ’n Dag gevul met trots, opgewondenheid en ware JF-gees.