Hou jou op hoogte met JF
NUUS
Groen en goud: JF skitter op die akademiese front
Jy skryf verwoed. Vraestelle word ingeneem. Dit word iewers by ’n merksentrum gemerk, en jy is angstig verby! Dis hoe byna alle matrikulante se finale eksamen opgesom kan word.
Stranger Things 5 was Teleurstellend!
Stranger Things 5 was teleurstellend. Ek en talle ander aanhangers van hierdie reeks is gelos met nog soveel vrae, en soveel dinge maak eenvoudig nie sin nie. Ja, dit was steeds vermaaklik en lekker om te kyk, maar sekere goed het my bloed laat kook.
Wanneer respek ’n leefwyse word.
Gedurende ons onlangse Waardeweek het een waarde oral op die skoolterrein sigbaar geword — nie net op plakkate of aankondigings nie, maar in die klein oomblikke wat maklik misgekyk word.
‘n Lekker ‘lang’ naweek – Ja, net hier by die skool.
Die gr. 8’s is op 18 Januarie 2026 al om 05:00 op ‘n Saterdagoggend voor die skool se hekke afgelaai om ’n lekker naweek saam met hul voogde en die res van die VRL-lede te geniet.
CLASH ROYALE – JF SE GUNSTELING-SPELETJIE
Vinnig, strategies en woede-opwekkend, is ’n paar maniere om dit te beskryf. Clash Royale is ’n speletjie met ’n maklik verstaanbare strategiese spel, vol aksie, waarin jy taktiek gebruik om jou teenstander te verslaan.
Wie swaai in 2026 die septer by Anton van Wyk Koshuis?
As jy dit nog nie weet nie, JF het regtig egtig ‘n koshuis, en die nuwe leiers vir die 2026 termyn is lankal verkies.
Toe dit insink… Ons is in matriek!
Daar was lag, son en water, maar ook iets anders in die lug.
JFFJ-kamp: Geestelike leiers wat wil!
Daar is min mense wat die laaste week van hulle Desember-vakansie vir skool sal opoffer, maar gelukkig is die JFFJ-leiers deel van daardie klein groepie!
Mooi loop, Juffrou Elmeré!
’n Geliefkoosde onderwyseres, juffrou Elmeré van der Berg, het die skool ongelukkig finaal verlaat nadat sy weer vir ses maande verskoon moes word om nóg ’n netbalseisoen mee te maak.
Ooste tot Weste, JF se vakansie op sy beste
In ’n vinnige Q&A-peiling onder ons leerders se keuses vir vakansieplekke, het drie duidelike kategorieë na vore gekom: Weskus, Ooskus en die Binneland.










