JF OESTER

Buitelugskool: ’n Week vol modder, stap en opwinding

Feb 20, 2026

Berig Deur Diaan Liebenberg

Die begin van Februarie was ’n week wat by ons graad 9’s sal bly. ’n Week waar ons mekaar waarlik kon leer ken.

Op 3 Februarie het die gr. 9’s in afwagting van hierdie avontuur vertrek. Toe hulle by Imla gasteplaas opdaag, was daar dadelik aksie. Daar is onmiddellik met speletjies afgeskop om spanbou aan te moedig. Daarna, om die dag af te sluit, was daar ’n lekker pretswem in die dam en nóg speletjies.

Die tweede dag het afgeskop met ’n lekker ontbyt en toe het die groot stap begin. Met hulle stapskoene aan, het die graadneges die grondpad aangedurf. Die son was erg, maar toe kom die lekkerste deel: die rus onder die bome. Die staptog het langs ’n stroompie verbygestrek, en die water was lekker koel en ongelooflik mooi. Daarna was daar weer ’n lekker pretswem in die dam en ’n danssessie om die dag af te sluit.

Die volgende dag was dit ’n korter stappie, maar op ’n baie moeiliker terrein. Een na die ander het die kinders met die aarde kennis gemaak – die grond was hulle nuwe beste vriend! Toe hulle teruggekom het, het waterspeletjies gewag – die perfekte manier om ’n dag in die son af te sluit.

Ná middagete was, in my opinie, die slegste deel van die kamp: die ottergate. Daar was nie een nie; nie twee nie, maar SEWE ottergate. En jy stap nie daardeur nie; jy leopard crawl deur die meeste van hulle. En dit stink erg!

Die laaste dag het aangebreek en dit was ’n bittersoet einde. Ja, jy is opgewonde om weer jou ouers te sien, maar jy moet totsiens sê vir al hierdie herinneringe.

Nadat ek ’n paar graad 9’s ondervra het, het hulle gesê die lekkerste deel was die stap en die bergklim. Die slegste was om op die berge te val en om hulle diere, ouers en beddens te mis. Al die graadneges het saamgestem dat dit BAIE lekker was om sonder tegnologie te wees en om ’n bietjie in die natuur te wees.

Ek het ook die graadhoof ondervra. Sy het gesê sy voel dit was die beste groep wat ons nog ooit gehad het, maar dat sy fikser as al 140 van hulle is. Die lekkerste ding vir haar was om tyd saam met die graad 9’s te spandeer, en die slegste was om te sien hoeveel kinders negatief oor die kamp was.

En vir julle sê ek: WEES BETER.

Buitelugskool was nie net ’n kamp nie. Dit was ’n avontuur. Dit was ’n hoofstuk in ons lewens. Dit was een van die beste weke van ons ooit sal beleef.

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester KAF Mar 25, 2026

Daar is altyd lig in die donker!

As jy teen dié tyd van die kwartaal nog steeds wonder waar jy hoort, is daar daar ten minste één plek wat jou met ope arms sal verwelkom: JFFJ se nuwe LITT-kleingroepies. “LITT” staan vir Light in the Tunnel.