JF OESTER

Nuwe gesigte, nuwe stories!

Feb 27, 2026

Berig Deur Melanie Slabbert

Hoërskool Jim Fouché het onlangs nóg ’n paar nuwe onnies by dié droomspan gevoeg – en ons is BAIE opgewonde daaroor! Hulle het sommer vroeg-vroeg in ons groen harte ingeklim.

Juffrou Izelke Craven het haar pad na JF gevind waar sy EBW en Besigheidstudies aanbied. Sy bring hope energie, entoesiasme en ’n groot liefde vir leer. Graad 8’s, julle is in baie goeie hande!

Meneer Donnavan Serfontein is nou die nuwe held van die graad 8’s met Sosiale Wetenskappe en Lewensoriëntering. As jy hom nie in die klaskamer sien nie, is hy waarskynlik op die rugbyveld besig om spelers te motiveer!

Mevrou Nicola Serfontein, mnr. Donnavan se “beter” helfte, sluit by die administratiewe span in die LO-kantoor aan. Sy help om alles agter die skerms glad te laat verloop – want selfs ’n droomskool soos JF werk nie sonder ’n super admin-span nie!

Juffrou Caitlin Olivier gee Wiskunde en Natuurwetenskappe. Sy glo elke leerder kan hul volle potensiaal bereik.  Sy is ook betrokke by hokkie, debat en JFFJ – ja, sy doen dit alles!

Juffrou Teneil van der Merwe bring vars energie by Lewenswetenskappe en Tegnologie.  Sy wil leerders nie net akademies ondersteun nie, maar ook motiveer om selfvertroue en lewensvaardighede te onwikkel. Wees ook op die uitkyk vir haar by skaak, netbal en JFFJ.

Welkom aan al ons nuwe onderwysers! Ons kan nie wag om te sien hoe julle julle storie hier by JF te skryf nie!

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester KAF May 29, 2026

Die Big Brag

Die jaarlikse Big Brag was weereens ’n besonderse hoogtepunt op JF se kalender. ’n Dag gevul met trots, opgewondenheid en ware JF-gees.

Oester Kultuur May 25, 2026

Gelykop

Classic Clash — ’n mens dink altyd net aan die rugby-, hokkie- en netbaluitslae, maar aan skaak dink ’n mens nie dikwels nie.

Oester Kultuur May 18, 2026

Doornkloof

Terwyl die meeste JF-leerders op toer was en ander maar net lekker hul April-vakansie geniet het, het die Voortrekkers op Doornkloof gaan kamp.