JF OESTER

SWEMGALA EN INTERHOER BERIG

Mar 18, 2026

Berig Deur Paula Swart

Met water wat spat en gees wat praat, het Hoërskool Jim Fouché n fees gehad by ons jaarlikse swemgala en interhoër!

Swemgala:

Pienk, geel, groen, blou en rooi – dit was die kleure van dié jaar se grade. Die swemmers moes met vlerkies om hul enkels swem, en dít is waar die uitdagende oomblikke begin het. Van een punt na die ander, het die leerders vir hul span geskree en gewag vir hulle oomblik om in die water te gaan.

Maar dit was nie waar die pret gestop het nie. Daar, om die swemmers te ondersteun, was groot groepe op die pawiljoen wat hulle longe uit geskree het. Uiteindelik was die wenners … die MATRIEKS! (Ja, ouderdomsvoordeel én gewigsvoordeel tel tog vir iets!)

Elke begin het n einde, maar geen JF-leerder kon huis toe gaan sonder om ’n sprong of twee in die swembad te maak nie.

Interhoër:

“Welcome to the jungle; we’ve got fun and games.” Vanjaar se tema by die interhoër was Jumanji. Die gees was tasbaar, die stemme luid, en daarmee saam, skole wie se harte warm vir hul eie klop.

Verbeel jou jy staan daar op die pawiljoen saam met jou vriende, jou stem is amper weg. Jy sweet, jy lag, jy sing. Jou hart klop en jy kyk rondom jou en jy sien net al die JF-leerders wat elke oomblik geniet. Hierdie samehorigheid is waar die regte wen inkom. Wen of verloor, niks kan vergelyk met die gevoel om soos een saam met jou skool te sing nie. Of dit nou jou eerste keer daar was, of jou laaste keer, hierdie dag sal ’n herinnering bly wat altyd gekoester sal word.

Elke lag, skreeu, sweet, en seer voete was die moeite werd, want hoewel JF nie die gala of die geesbeker huis toe gebring het nie, is dit nie ’n wen wat JF ‘n trotse skool maak nie; dit is oomblikke soos dié waar daar geen bekommernis is oor wat volgende gaan gebeur nie; net dié oomblik tel.

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester KAF Mar 25, 2026

Daar is altyd lig in die donker!

As jy teen dié tyd van die kwartaal nog steeds wonder waar jy hoort, is daar daar ten minste één plek wat jou met ope arms sal verwelkom: JFFJ se nuwe LITT-kleingroepies. “LITT” staan vir Light in the Tunnel.