JF OESTER

Gee ’n snoet ’n tweede kans — Kom haal jou nuwe beste maatjie by Huistoe!

Gee ’n snoet ’n tweede kans — Kom haal jou nuwe beste maatjie by Huistoe!

Feb 27, 2026

Berig Deur Lane Rossouw

Op die rand van Bloemfontein lê ’n klein, maar buitengewoon toegewyde hondeskuiling, wat elke dag die stryd teen ’n groeiende krisis voer: te veel honde, te min huise. Huistoe Dierewelsyn werk onvermoeid om verwaarloosde, verlate en mishandelde honde liefde, kos en ’n veilige dak bo hulle kop te gee. Die skuiling is egter besig om uit sy nate uit te bars, wat hierdie taak aansienlik bemoeilik.

Dié organisasie sonder winsbejag, wat in 2014 deur Lientjie de Klerk uit ’n passie vir diere gestig is, het oor die jare honderde honde gerehabiliteer en gehelp om permanente huise te vind. Deur die jare heen deel hulle gereeld op sosiale media die stories van hierdie wonderlike honde — van teddiebeer-skoothondjies tot groot, lojale vriende — wat almal wag op iemand wat hulle liefhet.

Op hul Facebook-blad en Instagram-profiel deel Huistoe gereeld foto’s en video’s van beskikbare honde wat wag vir hul permanente gesinne. Hierdie honde is vol liefde, stertswaai-opgewonde en sal jou hart steel sodra jy hulle raakloop.

Waarom aanneming belangrik is:

  • Elke hond verdien ’n liefdevolle gesin en ’n skoot om hul eie te noem;
  • Geen hond verdien dit om dag in en dag uit in ’n kennel te sit bloot omdat mense eerder opreg geteelde babahondjies soek nie;
  • Sommige honde wag jare lank in diereskuilings en weet nie hoe ’n liefdevolle hart of huis voel nie;
  • Wanneer jy aanneem, gee jy nie net aan daardie hond ’n huis nie — jy maak ook plek vir die volgende hond wat dringend hulp nodig het.

Hoe kan jy help?

  • Neem ’n hond aan: Die kennels raak vinnig vol, en elke huis wat oopgemaak word, red twee lewens.
  • Deel Huistoe se boodskappe op sosiale media: Hoe meer mense die snoete sien wat beskikbaar is vir aanneming, hoe groter die kans dat iemand op een van hulle verlief gaan raak.
  • Borg ’n hond of help met donasies: Finansiële steun help om kos, veeartssorg en kennels te verskaf vir die honde wat nog wag.

Wanneer jy ’n hond by Huistoe aanneem, kry jy nie net ’n troeteldier nie — jy kry ’n getroue vriend, ’n kamera-liefling, en ’n nat snoet wat jou elke dag met liefde sal beloon. Gaan neem ‘n hond aan en help ‘n snoet om uiteindelik huis toe te gaan!

https://www.huistoecharity.co.za/
Instagram: huistoeanimalwelfare_bfn
Facebook: Huistoe Animal Welfare-Bloemfontein

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester KAF Mar 25, 2026

Daar is altyd lig in die donker!

As jy teen dié tyd van die kwartaal nog steeds wonder waar jy hoort, is daar daar ten minste één plek wat jou met ope arms sal verwelkom: JFFJ se nuwe LITT-kleingroepies. “LITT” staan vir Light in the Tunnel.