Vinnig, strategies en woede-opwekkend, is ’n paar maniere om dit te beskryf. Clash Royale is ’n speletjie met ’n maklik verstaanbare strategiese spel, vol aksie, waarin jy taktiek gebruik om jou teenstander te verslaan. Dit is só aanloklik dat, as jy eers begin speel, jy net nie kan ophou nie – seker omdat dit soveel dopamien produseer wanneer jy wen. Maar as jy verloor, wil jy ’n gat in die muur slaan
By JF het ons ’n clan, en van al die clans in die Vrystaat se skole is ons die grootste. Ons doen kaart-donasies, speel clan wars en werk saam as ’n span.
Clash Royale stimuleer ook die brein, en dit mag dalk toeval wees, maar dit word verbind met akademiese sukses. Een van ons junior debatspanne, naamlik Die Woordewapens, het net voor hulle moes praat Clash Royale gespeel en tweede in die Vrystaat gekom. Leerders sê ook dat, nadat hulle Clash Royale begin speel het, hul skoolpunte verbeter het – ek is self ’n voorbeeld daarvan.
Begin Clash Royale speel; wie weet, dalk gaan jou punte ook op.



0 Comments