JF OESTER

Gees, Pret en Aksie: ’n Dag om te onthou!

Mar 15, 2026

Berig Deur Adele Pienaar

Herinneringe wat vir ewig bly.

Die son het geskyn en die gees van opwinding het in die lug gehang toe die dag uiteindelik aangebreek het. Ván die graad 8’s tót die matrieks, het almal geweet dit gaan ’n dag vol lag, speel en avontuur wees. Soms gaan dit nie net oor wie wen of verloor nie – dit gaan oor saamwees, herinneringe maak en die klein oomblikke van geluk waardeer.

Die dag van Matrieks vs Res en Gradedag was vol energie en groot oomblikke. Die matrieks het hul laaste Mx vs Res régtig onvergeetlik gemaak met ’n ongelooflike optog van blink motors, bakkies en klipharde motorfietse! Die graad 11’s het ook nie teruggehou nie – hul voertuie, bakkies, motorfietse en noodmotors van ER24 het almal laat besef hoe opwindend die dag was. Die gees van die dag het net gespoel, en uiteindelik het die matrieks die wedstryd gewen – hul trots en energie was aansteeklik vir almal.

Maar die dag het nie by motors en optogte opgehou nie. Daar was sport, wedrenne en wateraktiwiteite wat almal laat lag het. Daarna het die skool ’n massa-swem gehou, waar elke leerder wat wou, saam in die swembad kon duik en speel. Die lag, gees en pret het oral te sien en te hoor gewees – dit was vir almal ’n dag om nooit te vergeet nie.

Die tellings vir gradedag het uiteindelik so gelyk:
Matrieks – 1ste plek
Graad 8 – 2de plek
Graad 9 – 3de plek
Graad 11 – 4de plek
Graad 10 – 5de plek

En selfs ná die aksie, het die pret nie opgehou nie. Daardie aand het die jaarlikse Valentynsbal plaasgevind, ’n perfekte manier om die dag vol energie en gees af te sluit.

Hierdie dag het gewys hoe kosbaar saamwees, lag en herinneringe is – en vir die matrieks, wat hul laaste Mx vs Res gehad het, was dit ’n onvergeetlike dag vol trots, opwinding en skoolgees.

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester KAF May 29, 2026

Die Big Brag

Die jaarlikse Big Brag was weereens ’n besonderse hoogtepunt op JF se kalender. ’n Dag gevul met trots, opgewondenheid en ware JF-gees.

Oester Kultuur May 25, 2026

Gelykop

Classic Clash — ’n mens dink altyd net aan die rugby-, hokkie- en netbaluitslae, maar aan skaak dink ’n mens nie dikwels nie.

Oester Kultuur May 18, 2026

Doornkloof

Terwyl die meeste JF-leerders op toer was en ander maar net lekker hul April-vakansie geniet het, het die Voortrekkers op Doornkloof gaan kamp.