JF OESTER

Wie swaai in 2026 die septer by Anton van Wyk Koshuis?

Jan 30, 2026

Berig Deur Corlé Roos

As jy dit nog nie weet nie, JF het regtig egtig ‘n koshuis, en die nuwe leiers vir die 2026 termyn is lankal verkies. Maar wat beteken dit om ’n koshuishoofleier te wees? Ons hoof- en onderhoofleiers is onderskeidelik Mignon Coertze, Mariné Oosthuizen, en dan HJ en JG Noeth.

Enige koshuiskind weet dat die koshuishoofleiers meer as net ’n leerlingraadlid is. Dis die mense wat altyd vir jou ’n pleister, Panado, ekstra koffie en partykeer goeie raad het. Maar dis ook die kinders wat al gesoute koshuisbrakke is, so as hulle praat oor koshuisdinge, kan jy maar gerus luister.

Mignon Coertze, hoofmeisie vir 2026, is passievol daaroor om in 2026 die leier te wees vir ander wat sy graag sou wou gehad het.Sy sê egter dat dit uitputtend is, maar sy geniet dit om tyd tussen die kinders in die koshuis deur te bring en hulle beter te leer ken. Mariné Oosthuizen, onderhoofmeisie vir 2026, sê dat ‘n belangrike item vir 2026 ‘n lekker kussing is, want kussinggevegte is definitief altyd op die agenda! Sy herinner ook alle toekomstige nuwelinge in Anton van Wyk dat elke blom teen sy eie pas groei, en sy is opgewonde daaroor om elke saadjie in die nuwe graad 8 ‘s se harte te laat ontkiem.

JG en HJ Noeth, onderskeidelik hoof- en onderhoofseun vir 2026, se enigste raad vir nuwe koshuisleerders is om met groot gees voluit aan alles deel te neem, en dan ook om respek te betoon.  JG sê dat alhoewel sy posisie verantwoordelikheid en harde werk verg, die baie blootstelling aan verskillende scenario’s op die ou end tot groei lei. HJ vertel laggend dat die posisie hom definitief bietjie meer geduld geleer het.

Ons is opgewonde daaroor om te sien hoe ons hoofleiers in 2026 as mense groei, en alhoewel ons koshuis dalk klein is, is ons hoofleiers se harte vir hulle medekoshuisbrakke wawyd oop, en wag daar in 2026 vir ons baie koffie-en-beskuitkuiers!

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester KAF May 29, 2026

Die Big Brag

Die jaarlikse Big Brag was weereens ’n besonderse hoogtepunt op JF se kalender. ’n Dag gevul met trots, opgewondenheid en ware JF-gees.

Oester Kultuur May 25, 2026

Gelykop

Classic Clash — ’n mens dink altyd net aan die rugby-, hokkie- en netbaluitslae, maar aan skaak dink ’n mens nie dikwels nie.

Oester Kultuur May 18, 2026

Doornkloof

Terwyl die meeste JF-leerders op toer was en ander maar net lekker hul April-vakansie geniet het, het die Voortrekkers op Doornkloof gaan kamp.