JF OESTER

Juffrou Chané Birk

Feb 20, 2025

Berig Deur Lisa Smith

Danksy nóg ’n juffrou wat mamma geword het, sluit juffrou Chané Birk by die JF-familie as aflosonderwyser aan.

Hierdie juffrou het al reeds ’n voorsmakie van die JF-gees gekry toe sy in 2024 hier geproef het. Sy sê dat sy vreeslik baie respek vir hierdie wonderlike skool het en dat sy mal daaroor is om deel te wees van ons, al is dit net vir ’n kort rukkie.

Liefde vir die Afrikaanse taal en letterkunde is wat haar gedryf het na onderwys. Sy het tans haar hande vol met studies en dan ook klasse vol raserige tieners as Afrikaans-aflos. Sy doen beslis ’n balanseertoertjie. Ná haar tyd by JF, en wanneer sy uiteindelik agter die boeke uit is met ’n graad, wil sy graag vir ’n voltydse werk soek waar sy haar onderwysdrome kan uitleef.

Met so ’n bedrywige skedule, is dit geen wonder dat sy in haar vrye tyd die rustigheid van boeke uitsoek en haar brein wil laat afskakel met ‘n TV-reeks so elke nou en dan nie.

Ek los julle met Juffrou Chané se gunsteling-Bybelversie, Johannes 13:7:

“En Jesus antwoord hom: ‘Wat Ek doen, begrip jy nie nóú nie, maar later sal jy dit verstaan.’”

Deur Lisa Smith

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester Kultuur Aug 25, 2026

JF vier Kultuur

Probeer om voor mense te leer praat of help met 'n ATKV-projek, want as daar één ding is wat kultuur jou leer, is dit om braaf te wees, al is jy bang.

Oester KAF May 29, 2026

Die Big Brag

Die jaarlikse Big Brag was weereens ’n besonderse hoogtepunt op JF se kalender. ’n Dag gevul met trots, opgewondenheid en ware JF-gees.