JF OESTER

Kultuurdier van Klerksdorp – Juffrou Estelle Kies JF

Feb 20, 2025

Berig Deur JF Oester

Sy is ongelooflik lief vir haar moedertaal, sy het meer boeke as wat sy kan tel en sy wil ’n nuwe perspektief skep by leerders. JF verwelkom ’n splinternuwe juffrou in die Afrikaanse departement: juffrou Estelle Delport.

Nadat juffrou Estelle haar hoërskoolloopbaan by Hoërskool Klerksdorp voltooi het, het sy gesoek na verandering. JF se kleurbaadjie was die verandering wat haar naam geroep het. Die skool gee vir haar ’n nostalgiese gevoel wat haar herinner aan waar sy grootgeword het; dus het die skool haar soos ‘n handskoen gepas.

Juffrou Estelle se doelwit is om ’n liefde vir Afrikaans onder haar leerders te kweek. Sy wil die algemeen negatiewe siening oor dié vak afbreek deur kinders ’n nuwe perspektief te gee oor Afrikaans. Sy is passievol oor letterkunde en wil graag dat leerders haar klas verlaat met nuut-opgedoende lewenskennis.

Buiten dat sy ’n nuwe lid van ons koshuis is, is juffrou Estelle betrokke by ’n hele paar ander buitemuursaktiwiteite. Sy gaan by debat en redenaars betrokke wees, en gaan ook groot hulp bied by die voorbereide lees en kunswedstryd. Sy gaan ons skool vérder ondersteun deur ‘n belangrike rol by ons sosiale media te speel.

Haar liefde vir letterkunde gaan gepaard met haar liefde vir lees. Sy het só ’n groot versameling van boeke gehad dat sy dit moes verminder toe sy na Bloemfontein verhuis het. Sy het stééds te veel boeke om als by die koshuis te hou. Juffrou Estelle hou ook daarvan om musiek te luister en om dokumentêre programme te kyk.

Ons weet dat juffrou Estelle sommer vinnig in haar leerders se harte gaan inkruip, en dat sy werklik sal help om ’n verskil te maak by JF.

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester Kultuur May 18, 2026

Doornkloof

Terwyl die meeste JF-leerders op toer was en ander maar net lekker hul April-vakansie geniet het, het die Voortrekkers op Doornkloof gaan kamp.

Oester KAF Mar 25, 2026

Daar is altyd lig in die donker!

As jy teen dié tyd van die kwartaal nog steeds wonder waar jy hoort, is daar daar ten minste één plek wat jou met ope arms sal verwelkom: JFFJ se nuwe LITT-kleingroepies. “LITT” staan vir Light in the Tunnel.