JF OESTER

MAAN MISSIE

May 5, 2026

Berig Deur Paula Swart

Uit hierdie wereld uit!

Ons sien die maan elke aand,
maar soms wil ‘n mens nader gaan.
Grys en ru is hy nou,
met Artemis gaan ons gou.

Bo die wolke, hoog en blou,
daar sien ons hom nou.

Vier ruimtevaarders, die ruimte en die maan … ’n Storie vol sterre wat wag om vertel te word.

Jy mag dalk vra wat Artemis ii so spesiaal maak? Wel, dit was NASA se eerste bemande maan-verbyvlugsending in meer as vyftig jaar. Dit het nou veroorsaak dat ons ’n stap nader is om mense terug na die maan te neem.

Artemis ii se doel is om te wys dat mense tog veilig diep in die ruimte kan reis. Die vier ruimtevaarders het met die Orion-ruimtetuig om die maan gevlieg sonder om te land, terwyl stelsels soos navigasie, kommunikasie en selfs lewensondersteuning getoets is. Dit maak dit dan moontlik dat daar in die toekoms weer veilige maanlandings uitgevoer kan word as voorbereiding vir groter planne. Hierdie oomblik merk ’n oomblik in geskiedenis, aangesien dit duidelik toon hoe tegnologie verbeter het vanaf die Apollo-program, aangesien die Orion-ruimtetuig veiliger en meer gevorderd is.

Al het hulle nou nie op die maan geland nie en ook nie hulle “Neil Amstrong-oomblik” gehad nie, kon hulle ten minste om die maan beweeg en toetse uitvoer wat die wetenskaplikes help om mense weer maan toe te stuur, en self later, in die toekoms, na Mars.

Nou ja, toe jy die woord Mars sien, het jy seker gedink: “Mars van alle plekke?!” Wel, nuusflits: Dit is wetenskaplikes se volgende groot doelwit. Die Artemis ii-sending wys vir ons dat daar hoop, vooruitgang en ontdekking is, al is dit nou op ’n rooi planeet. In die toekoms gaan ons nog baie oor die groot hemelruim leer en ontdek.

As jy ook iemand is wat mal is oor die sterre, kan jy jou kêrel of meisie laat weet: Die volgende uitstappie moet nét buite die aarde se atmosfeer wees.

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester KAF Mar 25, 2026

Daar is altyd lig in die donker!

As jy teen dié tyd van die kwartaal nog steeds wonder waar jy hoort, is daar daar ten minste één plek wat jou met ope arms sal verwelkom: JFFJ se nuwe LITT-kleingroepies. “LITT” staan vir Light in the Tunnel.