JF OESTER

Dit gaan mal by die Maskerbal!

May 29, 2025

Berig Deur Corlé Roos

’n Dinosaurus, ’n lyfwag en ’n prinses wals by ’n saal in … Dit klink dalk soos ’n droë grappie, maar dit is helaas nie, want op Vrydag, 9 Mei 2025, kon jy elke sprokieskarakter uit jou kleintyd op JF se dansvloer aanskou by ons eie maskerbal!

Alhoewel dit yskoud buite was, was die dansvloer binne in die saal aan die brand en selfone se kameras het gekliek. Wie kan in elk geval Bok van Blerk of Theuns Jordaan se sokkietreffers weerstaan as almal om jou dans dat die stof so staan? Selfs die manne met twee regtervoete het nie op hulle laat wag nie!

As jy hierdie jaar gewik en geweeg het om te gaan, maar toe eerder tuis gebly het … dan is dit tyd vir verandering! Skraap solank jou moed bymekaar, vra daai spesiale meisie of ou en kom wys ons by volgende jaar se maskerbal wat in jou steek!

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester KAF May 28, 2025

BOOTLEGGERS

As jy nog nie gehoor het van die nuwe koffiewinkel “Bootleggers” nie, bly jy sekerlik onder ’n klip.

Oester Kultuur May 27, 2025

Die Classic Clash Lofsangaand

JF en Sentraal sit tydens die Classic Clashes beslis nie langs dieselfde vuur as dit kom by wie die beste skool is, of die beste gees het nie, maar een ding waarmee ons almal kan saamstem, is dat beide skole kinders van God is.