JF OESTER

Classic Clash – wat ’n jol!

May 28, 2025

Berig Deur Anné Roos

Die Classic Clashes beteken soveel meer as net sport – dit beteken ook ’n week vol kaskenades, kapperjolle en natuurlik kultuur!

Die Classic Clashes-week is afgeskop met ’n Dink of Sink debatskompetisie, en hier by JF kán ons dink, want ons het die Tralies se moed diep in hulle skoene laat sink! Beide senior spanne, naamlik die Aanvallende Anties (Lisa Botha, Amoné Verwey en Suné Deacon) en die Drie Bekke van Breinbedreiging (Jaco Deysel, JP Ehlers en Wihan Coertzen) het hulle onderskeie kompetisies teen gedugte Tralie-teenstanders gewen. Die juniors moes ongelukkig die knie voor die junior Tralies buig.

Dan was daar Dinsdag ‘n spelkompetisie waar leerlinge kon spog met hul taaltalente. In die junior afdeling is ’n tweede plek behaal deur Lesedi Guilele en ’n eerste plek deur Kaitlin Luyt. In die senior afdeling het Janah Swarts ‘n derde plek behaal.

Laastens, maar definitief nie die minste nie… Die Talent Clash! Dit was letterlik en figuurlik musiek in ons ore om te hoor dat beide eerste en derde plekke deur onderskeidelik twee JF-leerlinge, naamlik Khanyisile Zwane en Inge Stoltz, verower is.

Na afloop van die Talent Clash, is daar ook lekker gesokkie, en ons kan eerlikwaar sê dat die opwindende week op ‘n hoogtepunt afgesluit is, wat die afwagting na die naweek se groot sport, net soveel meer gemaak het.

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester Kultuur Aug 25, 2026

JF vier Kultuur

Probeer om voor mense te leer praat of help met 'n ATKV-projek, want as daar één ding is wat kultuur jou leer, is dit om braaf te wees, al is jy bang.

Oester KAF May 29, 2026

Die Big Brag

Die jaarlikse Big Brag was weereens ’n besonderse hoogtepunt op JF se kalender. ’n Dag gevul met trots, opgewondenheid en ware JF-gees.