JF OESTER

Divan Venter – The Next Karate Kid!

Oct 28, 2025

Berig Deur Karli Botha

JF se eie Protea-karateka, Divan Venter, het sedert die begin van sy karateloopbaan al hoë hoogtes bereik. 

Maar waar het alles begin?  Venter het op die ouderdom van 7 eendag by sy pa in die kar geklim waar hy hom uit die bloute gevra het of hy karate kan doen.  Sy pa het ingestem, en die res is geskiedenis!

Divan oefen tot 6 dae per week, en hy meld ten minste een keer per maand by die nasionale span aan; daarom pluk hy die vrugte van sy harde werk.  Divan se karate het hom al na baie opwindende bestemmings geneem, onder andere Italië en Zimbabwe.

Nadat hy dié jaar sy Proteakleure verwerf het, het hy die geleentheid  gekry om as ons land se top junior karateka aan die 8ste Karate-Do Goju-Kai-wêreldkampioenskappe in Japan deel te neem.  Dit het vanaf 8 tot 11 Augustus 2025 plaasgevind.  Hy het oorspronklik gegaan met die doel om ten minste een geveg te wen, maar hy het sy eie verwagtinge oortref en huis toe gekom met ’n silwer medalje om sy nek.  Daar was 2300 inskrywings uit 38 lande wêreldwyd.  Sy strategie vir Japan was om nie te fokus op die uitkoms nie, maar eerder om sy deelname al reeds te sien as ’n mylpaal.  Venter het die kompetisie gebruik as voorbereiding vir die Beach Games wat in Oktober 2025 plaasvind.

Die hele JF-familie is trots op hom en hou sy karateloopbaan met belangstelling dop.  Skop hoog en droom groot!

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester Kultuur Aug 25, 2026

JF vier Kultuur

Probeer om voor mense te leer praat of help met 'n ATKV-projek, want as daar één ding is wat kultuur jou leer, is dit om braaf te wees, al is jy bang.

Oester Sport Sportuur Aug 25, 2026

JF vs Grey: Wie sê dis verby?

As jy op 3 Augustus 2026 langs die hokkieveld gestaan het, sou jy dalk vibreer het van opgewondenheid, maar ook ’n tikkie spanning. Want JF se eerste span het teen Grey in die halfeindstryd gespeel, en met Grey se sterk geskiedenis in sport het niemand geweet wat om te verwag nie.

Oester KAF May 29, 2026

Die Big Brag

Die jaarlikse Big Brag was weereens ’n besonderse hoogtepunt op JF se kalender. ’n Dag gevul met trots, opgewondenheid en ware JF-gees.