JF OESTER

GAME SET MATCH!

Sep 29, 2025

Berig Deur Lisa Botha

Foto: Jim Fouché se junior-spanne, gereed om die pad Cradock toe te vat!
Fotograaf : Anoniem

Op 13 Augustus het JF se jong maar dapper tennisspelers die pad Cradock toe gevat om deel te neem aan die Marilie Moolman Tennistoernooi.

Twee spanne – een meisiespan en een seunspan – het vir vier dae lank hul rakette geswaai, sweet afgevee en trots vir die Green Machine verdedig.

Die toernooi is nie sommer ’n gewone sportgeleentheid nie. Dit is ’n herinnering aan Marilie Moolman, ’n passievolle en vriendelike tennisster wat ongelukkig in ’n ongeluk gesterf het. Uit liefde vir haar en haar toewyding aan die sport, het haar ouers hierdie toernooi begin, en só leef haar gees elke jaar voort op die bane.

JF se spanne het nie net hul slag op die baan gewys nie, maar ook hul gees en sportmanskap. So groot was hul indruk dat JF die Geesbeker én die Marilie Moolman Trofee huis toe kon bring. ’n Besonderse hoogtepunt was toe Minike Steyn die Marilie Moolman trofee vir uitmuntende sportmanskap ontvang het; ‘n erkenning aan haar positiewe houding en respek vir die spel.

Die jong JF-spanne het gou tuis gevoel in Cradock. Hulle is lekker “ingewy” met ysbaddens, katstert-speletjies en menigte lagbuie, herinneringe wat net so kosbaar soos die oorwinnings is.

JF het weer eens bewys dat alles nie net oor wen gaan nie, maar oor passie, vriendskap en die ware gees van sport!

Lisa Botha

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester Kultuur Aug 25, 2026

JF vier Kultuur

Probeer om voor mense te leer praat of help met 'n ATKV-projek, want as daar één ding is wat kultuur jou leer, is dit om braaf te wees, al is jy bang.

Oester KAF May 29, 2026

Die Big Brag

Die jaarlikse Big Brag was weereens ’n besonderse hoogtepunt op JF se kalender. ’n Dag gevul met trots, opgewondenheid en ware JF-gees.