JF OESTER

JF KRIEKET NEEM DEEL AAN KOVSIES SMASH

Feb 5, 2026

Berig Deur Karli Botha

JF se  2026-krieketseisoen het hierdie jaar reeds vroeg afgeskop met die Kovsies Smash wat  vanaf 5 tot 9 Januarie 2026 (gedurende die vakansie) plaasgevind het.  Terwyl die meeste van julle nog laat geslaap het of op die strande gelê het, was JF se eerste krieketspan  een van 19 spanne wat aan hierdie toernooi deelgeneem het.

Sewe wedstryde is in vyf dae gespeel.  Alhoewel die spelers ’n paar moeilike wedstryde gehad het, het hulle nie toegelaat dat dit hulle onderkry nie. Hulle het met waardigheid verloor en met nederigheid gewen.  Volgens baie van die spelers was die loot-besluit selde in hulle guns, en hulle glo dit het ’n invloed gehad op die uitkoms van die wedstryde.

“Die feit dat die toernooi in die laaste deel van die vakansie plaasgevind het, het ook ’n invloed op ons gemoed gehad,” sê Christiaan Odendaal.  Maar al was hulle geesdrif somtyds wankelrig, het elkeen van die spelers tog hulle harte uitgespeel.  Volgens Cobus Wilken was die hoogtepunt  beslis Johan van Dyk se hat-trick,  alhoewel Cobus, volgens sy spanmaats, beslis die JF-speler van die toernooi was.  Niel Wilken sê daar was ook heelwat ondersteuners wat kom kyk het hoe hulle JF se naam hoog hou, en oor die algemeen was dit ’n baie goeie toernooi.

Met hierdie tipe toewyding  is een ding seker … Ons gaan dié jaar nog baie van JF se eerste krieketspan hoor!

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester KAF May 29, 2026

Die Big Brag

Die jaarlikse Big Brag was weereens ’n besonderse hoogtepunt op JF se kalender. ’n Dag gevul met trots, opgewondenheid en ware JF-gees.

Oester Kultuur May 25, 2026

Gelykop

Classic Clash — ’n mens dink altyd net aan die rugby-, hokkie- en netbaluitslae, maar aan skaak dink ’n mens nie dikwels nie.

Oester Kultuur May 18, 2026

Doornkloof

Terwyl die meeste JF-leerders op toer was en ander maar net lekker hul April-vakansie geniet het, het die Voortrekkers op Doornkloof gaan kamp.