Op Woensdag, 27 Augustus, het die ATKV-jeugtak van Jim Fouché ons trots gaan wys by die Westerbloem Ouetehuis. Ons het nie net gegaan om koekies te eet en koffie te drink nie (al was dit aanloklik), maar om ’n bietjie JF-gees, humor en liefde saam te vat.
Liechen Willemse
JF vier 66 jaar van tradisie, trots en tydlose treffers
Op 16 Mei 2025 het Hoërskool Jim Fouché sy 66ste bestaansjaar gevier – ’n dag én ’n week vol vreugde, eenheid en goeie ou JF-gees!
JF se Beste Paartjies!
Hierdie week by JF is liefde in die lug! Daarom het die JF-gemeenskap gestem vir hul drie gunstelingpaartjies.
Meneer en Juffrou sê: Valentynsdag-weergawe
By JF is die onderwysers altyd besig om die ekstra myl te stap of om te werk tot hulle die kromme note haal. Maar ek het onlangs ’n paar vrae aan die JF-onnies gerig… en uit hul antwoorde is dit duidelik dat daar ook plek vir die liefde is!
JF Matriekafskeid: Meer as net ’n glansgeleentheid!
Óf jy nou ’n gr. 11-kelner, onderwyser, toeskouer of matriekleerder was, ek dink ons almal kan saamstem dat die matriekafskeid van 2024 werklik “The Greatest Show” was!
Hoe om jou eerste afspraak op te mors
Daar is niemand wat my so bang maak soos my ma nie, maar tog is ’n eerste afspraak ’n hele ander tipe BANG! Maar moenie laat hierdie “ander tipe bang” jou onderkry nie.






