JF OESTER

Werklike KUNS

Oct 14, 2025

Berig Deur Gé Coetzee

Die KKNK webwerf beskryf die toneel “KUNS” as volg:

“Buiten dat smaak verskil, is daar ook al menigte argumente gevoer oor die konsep van wat kuns is, wat nog te sê wat goeie kuns is. Die vriendskap van drie jare lange vriende – Serge, Marc en Yvan – word tot die uiterste beproef wanneer Serge ’n groot, duur skildery koop. Uiteenlopende menings oor Serge se kopie kring gou veel wyer uit as bloot net ’n waardeoordeel oor kuns.”

In hierdie toneelstuk koop Serge, iemand wat ‘n sagte plek het vir moderne kuns, ‘n groot, duur, spierwit, met ‘n paar effense minder wit lyne, skildery. Marc glo dat Serge sy geld gemors het op hierdie item. Hierdie meningsverskil, oor wat as “kuns” beskou kan word, begin ’n geveg in hul 15 jaar lange vriendskap. Hulle arme vriend Yvan bevind homself in die middel van die twee se konflik. Hy probeer om beide partye te kalmeer en tevrede te stel, maar vererger die situasie net nog meer.

Yasmina Reza, een van die mees gevierde kontemporêre Franse dramaturge, se toneel, Art, is een van die suksesvolste komedies in teater. Haar toneel is al in 20 tale vertaal en het talle pryse gewen, onder meer ’n Laurence Olivier- en ’n Tony-prys.

MET: Wessel Pretorius, Ludwig Binge en Wilhelm van der Walt 

TEKS: Yasmina Reza 

VERTALING: Naómi Morgan 

OORSPRONKLIKE TITEL: Art 

REGIE EN ONTWERP: Marthinus Basson 

BELIGTINGSONTWERP EN VERHOOGBESTUURDER: Nicolaas de Jongh 

VERVAARDIGER: KKNK

BRONNE:

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester Kultuur Aug 25, 2026

JF vier Kultuur

Probeer om voor mense te leer praat of help met 'n ATKV-projek, want as daar één ding is wat kultuur jou leer, is dit om braaf te wees, al is jy bang.

Oester KAF May 29, 2026

Die Big Brag

Die jaarlikse Big Brag was weereens ’n besonderse hoogtepunt op JF se kalender. ’n Dag gevul met trots, opgewondenheid en ware JF-gees.