JF OESTER

MAMMAS MET MERKWERK

Aug 19, 2025

Berig Deur Karli Botha

Dit verg ‘n groot hart om ‘n juffrou te wees, maar nog ‘n groter hart om ‘n ma te wees.  Maar wat van dié wondervroue wat altwee is?  Hoërskool Jim Fouché spog met ‘n handvol van hierdie wondervroue. 

Alhoewel hierdie mammas geseënd is met ‘n bondeltjie vreugde, is dit nie aldag maklik om ook ‘n juffrou te wees nie. Daar is verskeie struikelblokke wat hulle moet oorkom.

Baie juffrouens mis die interaksie met die skoolkinders tydens kraamverlof. Die terugkeer na kraamverlof is oorweldigend, want dit voel of jy weer nuut is by die skool.

Tydbestuur en balans is uitdagend, want dit is moeilik om te onderskei tussen jou werkstyd en kwaliteit-tyd saam met jou baba.  Om n juffrou en ‘n mamma te wees is uitputtend omdat jy die baba se primêre versorger is, jy is verantwoordelik vir voedings en rustelose nagte.  Daar is baie balle wat in die lug gehou moet word. Ten spyte van al hierdie nuwe verpligtinge, word jou werk as onderwyser nie minder nie.

Volgens juffrou Camille Schoeman is die aanpassing terug skool toe moeilik, maar omdat sy passievol is oor onderwys en sy ‘n positiewe ingesteldheid het, is dit vir haar lekker om ‘n werkende mamma te wees.

Ons JF leerders waardeer elke wondervrou en al die opofferings wat sy maak om terug te keer na haar JF-kinders!

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Koerant Oester Aug 29, 2025

Skoolkoerant Augustus 2025

Skoolkoerant Augustus 2025 – Hierdie uitgawe bring vir jou al die nuus en stories wat in Augustus plaasgevind het. Blaai deur en ontdek die hoogtepunte, prestasies en gebeure wat die maand by ons skool gekleur het.