JF OESTER

Woorde wat Wêrelde Bou…

Aug 19, 2025

Berig Deur Abigail Fivaz

Stel jou voor hoe die wêreld sou lyk as ons mekaar elke dag met opregte vriendelikheid en waardering tegemoet sou loop …

Nasionale Komplimentedag, wat jaarliks op 24 Januarie gevier word, herinner ons aan die ongelooflike krag van eenvoudige, maar opregte woorde.

In ons skoolgemeenskap beweeg ons elke dag tussen helde – mense wat met deursettingsvermoë, liefde en kreatiwiteit die wêreld ‘n beter plek maak. Die vriend wat jou met ‘n grappie laat lag, die onderwyser wat jou inspireer om groter te droom, of die ouer wat stilweg opofferings maak om jou pad glad te maak. Hulle almal verdien erkenning. En komplimentedag gee ons die kans om hierdie mense werklik raak te sien.

’n Opregte kompliment is soos ‘n straal van lig – dit steek ‘n helder gloed in iemand aan wat lank sal bly brand. Wanneer jy iemand prys vir hul unieke talente of innerlike skoonheid, bou jy ’n stukkie hoop, moed, en soms selfs selfvertroue.

Komplimente is meer as net woorde. Dit gaan oor hoe ons mekaar se waarde erken. Jou woorde kan iemand se hart verlig, iemand inspireer om aan te hou probeer, of iemand herinner aan hul wonderlike potensiaal.

Kom ons vul ons skool met lig, warmte en opregtheid, want wanneer ons mekaar opbou, skep ons iets groter as onsself. Maar laat ons nie wag vir Komplimentedag om ’n mooi woord te deel nie, want ’n kompliment kan die wêreld verander – een hart op ’n slag.

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester Kultuur May 18, 2026

Doornkloof

Terwyl die meeste JF-leerders op toer was en ander maar net lekker hul April-vakansie geniet het, het die Voortrekkers op Doornkloof gaan kamp.

Oester KAF Mar 25, 2026

Daar is altyd lig in die donker!

As jy teen dié tyd van die kwartaal nog steeds wonder waar jy hoort, is daar daar ten minste één plek wat jou met ope arms sal verwelkom: JFFJ se nuwe LITT-kleingroepies. “LITT” staan vir Light in the Tunnel.