JF OESTER

MAMMAS MET MERKWERK

Aug 19, 2025

Berig Deur Karli Botha

Dit verg ‘n groot hart om ‘n juffrou te wees, maar nog ‘n groter hart om ‘n ma te wees.  Maar wat van dié wondervroue wat altwee is?  Hoërskool Jim Fouché spog met ‘n handvol van hierdie wondervroue. 

Alhoewel hierdie mammas geseënd is met ‘n bondeltjie vreugde, is dit nie aldag maklik om ook ‘n juffrou te wees nie. Daar is verskeie struikelblokke wat hulle moet oorkom.

Baie juffrouens mis die interaksie met die skoolkinders tydens kraamverlof. Die terugkeer na kraamverlof is oorweldigend, want dit voel of jy weer nuut is by die skool.

Tydbestuur en balans is uitdagend, want dit is moeilik om te onderskei tussen jou werkstyd en kwaliteit-tyd saam met jou baba.  Om n juffrou en ‘n mamma te wees is uitputtend omdat jy die baba se primêre versorger is, jy is verantwoordelik vir voedings en rustelose nagte.  Daar is baie balle wat in die lug gehou moet word. Ten spyte van al hierdie nuwe verpligtinge, word jou werk as onderwyser nie minder nie.

Volgens juffrou Camille Schoeman is die aanpassing terug skool toe moeilik, maar omdat sy passievol is oor onderwys en sy ‘n positiewe ingesteldheid het, is dit vir haar lekker om ‘n werkende mamma te wees.

Ons JF leerders waardeer elke wondervrou en al die opofferings wat sy maak om terug te keer na haar JF-kinders!

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester KAF May 29, 2026

Die Big Brag

Die jaarlikse Big Brag was weereens ’n besonderse hoogtepunt op JF se kalender. ’n Dag gevul met trots, opgewondenheid en ware JF-gees.

Oester Kultuur May 25, 2026

Gelykop

Classic Clash — ’n mens dink altyd net aan die rugby-, hokkie- en netbaluitslae, maar aan skaak dink ’n mens nie dikwels nie.

Oester Kultuur May 18, 2026

Doornkloof

Terwyl die meeste JF-leerders op toer was en ander maar net lekker hul April-vakansie geniet het, het die Voortrekkers op Doornkloof gaan kamp.