Leer ken vir Juffrou Ine-Marie. Dit is `n voorreg om so ’n passievolle onderwyseres by JF te kan hê met soveel drome en liefde vir haar leerders.
’n Nuwe jaar, nuwe vriende en hope waatlemoen!
Die Voortrekkers weet beslis hoe om die nuwe jaar op die regte noot af te skop! Die Waatlemoenfees is ’n tradisie wat al lank deur die Voorslag Kommando gehou word met die doel om die nuwe kinders wat wil aansluit, te laat welkom voel.
VONKE EN KLEURE: WIE NEEM DIE KROON?
Kleur, gees en atmosfeer is een van die vele dinge wat ons as ’n JF-gemeenskap weet hoe om spontaan te skep. Op 24 Januarie 2025 het Hoërskool Jim Fouché hulle jaarlikse kleureatletiek gehad, maar hierdie jaar was beslis nie soos al die vorige jare nie, hierdie een was… Uniek.
“Dit was gelukkig nie ek nie!”
Daar is nie ‘n enkele persoon wat hoërskool onaangeraak deur ‘n verleentheid klaar gemaak het nie. Hier is ‘n paar snaakse ‘glipsies’ wat al met verskeie hoërskoolleerders gebeur het.
Juffrou Chané Birk
Danksy nóg ’n juffrou wat mamma geword het, sluit juffrou Chané Birk by die JF-familie as aflosonderwyser aan.
Juffrou Cara Cairncross
Jim Fouché ontvang juffrou Cara Cairncross met ope arms en ’n hartlike verwelkoming in die Kunsdepartement.
Kultuurdier van Klerksdorp – Juffrou Estelle Kies JF
Sy is ongelooflik lief vir haar moedertaal, sy het meer boeke as wat sy kan tel en sy wil ’n nuwe perspektief skep by leerders. JF verwelkom ’n splinternuwe juffrou in die Afrikaanse departement: juffrou Estelle Delport.
LOJALITEIT: DIE KLEUR IN DIE SKOOL SE WAARDESKILDERY
Stel jou voor: Die fluitjie blaas. Die telling is gelykop. Die skare hou hul asems op. Dan, in daardie laaste oomblik, gee die span hulle alles – nie vir hulself nie, maar vir mekaar, vir die skool, vir iets groter. Dít is lojaliteit.
Juffrou Elizri Malan – Jim Fouché verwelkom oudskolier
’n Onderwyser vol passie vir drama en kinders. Iemand wat gedrewe is en tot haar volle potensiaal wil styg. Sy skrik nie vir harde werk nie. Harde werk is vir háár bang.
Juffrou Helé Smith: ’n Vars briesie in die Verbruikersklas
Jufffrou Helé kom van Brandfort, net ’n klipgooi van Bloemfontein af. Daar het sy haar skoolloopbaan by Staatspresident Swart voltooi.










