JF OESTER

Juffrou Helé Smith: ’n Vars briesie in die Verbruikersklas

Feb 19, 2025

Berig Deur Twané Meyer

Jufffrou Helé kom van Brandfort, net ’n klipgooi van Bloemfontein af. Daar het sy haar skoolloopbaan by Staatspresident Swart voltooi. Sy het nie op skool net netbal beoefen nie, maar het ook oor die dansvloer gesweef soos ’n ster wat die nag verlig. Ná skool het sy die kans aangegryp om haar vaardighede uit te brei om haar passies te volg. Sy het vir 4 jaar aan die Universiteit van die Vrystaat BSC Verbruikerswetenskappe studeer en daarna nog ‘n jaar NGOS (Nagraadse Onderwyssertifikaat) deur die NWU voltooi.

Juffrou Helé stap graag in haar vrye tyd, vind genot in speletjiesaande en geniet ’n goeie televisiereeks soos Yellowstone. Haar gunsteling kossoorte is sonder twyfel braaivleis, soetbrood en sushi! Volgens haar is Verbruikerstudies beslis ’n kombinasie van alles wat sy geniet soos voedsel, interieur, ontwerp, tekstiele en kleding.

Hier is nog ’n paar antwoorde van jufffrou Helé wat van haar sagte geaardheid en liefde vir die Here getuig.

Wat is Juffrou se doelwit vir 2025?
“Om my verhouding met die Here te versterk.”

Wat is Juffrou se droom as onderwyseres vir elke JF-leerder?
“Om uit te styg bo hul omstandighede en die Here te vertrou in die plan wat Hy vir elkeen se lewe het.”

Wat is Juffrou se gunsteling-aanhaling of woorde wat as motivering dien?

“Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend.” Fillipense 4:6

Juffrou Helé, ons hoop dat Juffrou hier by JF altyd geliefd, welkom en gerus sal voel! Ons as die JF-familie sien uit om saam met Juffrou die nuwe hoofstuk van 2025 aan te pak!

-Twané Meyer

Juffrou Helé Smith: ’n Vars briesie in die Verbruikersklas

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester Kultuur May 29, 2025

Dit gaan mal by die Maskerbal!

’n Dinosaurus, ’n lyfwag en ’n prinses wals by ’n saal in … Dit klink dalk soos ’n droë grappie, maar dit is helaas nie, want op Vrydag, 9 Mei 2025, kon jy elke sprokieskarakter uit jou kleintyd op JF se dansvloer aanskou by ons eie maskerbal!

Oester KAF May 28, 2025

BOOTLEGGERS

As jy nog nie gehoor het van die nuwe koffiewinkel “Bootleggers” nie, bly jy sekerlik onder ’n klip.

Oester Kultuur May 27, 2025

Die Classic Clash Lofsangaand

JF en Sentraal sit tydens die Classic Clashes beslis nie langs dieselfde vuur as dit kom by wie die beste skool is, of die beste gees het nie, maar een ding waarmee ons almal kan saamstem, is dat beide skole kinders van God is.