JF OESTER

’n Nuwe jaar, nuwe vriende en hope waatlemoen!

Feb 27, 2025

Berig Deur Joané de Beer

Die Voortrekkers weet beslis hoe om die nuwe jaar op die regte noot af te skop! Die Waatlemoenfees is ’n tradisie wat al lank deur die Voorslag Kommando gehou word met die doel om die nuwe kinders wat wil aansluit, te laat welkom voel.

Dit bied ook die geleentheid vir die ou Voortrekkers om op te vang na die laaaang Desembervakansie. Oom Bertie Eimer, die kommandoleier van Voorslag, praat ook oor wat vir die jaar voorlê, en daarna is dit tyd om waatlemoen op te slurp en jou bas in die swembad te kry! Die res van die middag word net saam met vriende in die swembad of met waatlemoen in die hand geniet.

Die Waatlemoenfees is so ’n lekker manier om die jaar af te skop, en dit skep beslís ’n positiewe houding en goeie atmosfeer vir die res van 2025.

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester Kultuur May 29, 2025

Dit gaan mal by die Maskerbal!

’n Dinosaurus, ’n lyfwag en ’n prinses wals by ’n saal in … Dit klink dalk soos ’n droë grappie, maar dit is helaas nie, want op Vrydag, 9 Mei 2025, kon jy elke sprokieskarakter uit jou kleintyd op JF se dansvloer aanskou by ons eie maskerbal!

Oester KAF May 28, 2025

BOOTLEGGERS

As jy nog nie gehoor het van die nuwe koffiewinkel “Bootleggers” nie, bly jy sekerlik onder ’n klip.

Oester Kultuur May 27, 2025

Die Classic Clash Lofsangaand

JF en Sentraal sit tydens die Classic Clashes beslis nie langs dieselfde vuur as dit kom by wie die beste skool is, of die beste gees het nie, maar een ding waarmee ons almal kan saamstem, is dat beide skole kinders van God is.