JF OESTER

Juffrou Elizri Malan – Jim Fouché verwelkom oudskolier

Feb 20, 2025

Berig Deur Lisa Smith

’n Onderwyser vol passie vir drama en kinders. Iemand wat gedrewe is en tot haar volle potensiaal wil styg. Sy skrik nie vir harde werk nie. Harde werk is vir háár bang.

Juffrou Elizri Malan se liefde vir drama ontwikkel in die hoërskool, met kunswedstryde en tienertonele. Min wetend dat dit die pad vir haar toekoms sou baan.

Met ’n BA van die Universiteit van die Vrystaat in Drama Teaterkuns, én ’n Honneursgraad in Teaterstudie met spesialisering in Toegepaste Teater by Stellenbosch agter die rug, is sy al baie ver op die leer, maar dit stop nie daar nie! Terwýl sy hier by JF werk, werk sy ook aan haar Nagraadse Onderwyssertifikaat (NGOS). As dit nog nie julle monde op die grond laat hang nie, het hierdie mekwaardige vrou óók hierdie jaar, wat nog net ’n maand lank is, ‘n dramaskool begin genaamd “Dramatiek Produksies.” Sy  wil hierdie jaar fokus om dit te dryf en te laat groei. Hierdie veelsydige onderwyser, hou ook van kamp en gedigte skryf.

“Kuns maak van ons ‘n wêreldbewoner” is Juffrou se insiggewende woorde. In ‘n wêreld vol lelik, sien sy die mooi en wil dit graag met ander deel. Sy wil die tieners met wie sy werk opvoed in meer as net drama.

Laaste maar beslis nie die minste nie, is haar gunsteling-Bybelvers Nahum 1:7:

“Die Here is goed, Hy is n toevlug in tyd van nood, Hy sorg vir dié wat by Hom skuil”

Deur Lisa Smith

 

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester Kultuur May 29, 2025

Dit gaan mal by die Maskerbal!

’n Dinosaurus, ’n lyfwag en ’n prinses wals by ’n saal in … Dit klink dalk soos ’n droë grappie, maar dit is helaas nie, want op Vrydag, 9 Mei 2025, kon jy elke sprokieskarakter uit jou kleintyd op JF se dansvloer aanskou by ons eie maskerbal!

Oester KAF May 28, 2025

BOOTLEGGERS

As jy nog nie gehoor het van die nuwe koffiewinkel “Bootleggers” nie, bly jy sekerlik onder ’n klip.

Oester Kultuur May 27, 2025

Die Classic Clash Lofsangaand

JF en Sentraal sit tydens die Classic Clashes beslis nie langs dieselfde vuur as dit kom by wie die beste skool is, of die beste gees het nie, maar een ding waarmee ons almal kan saamstem, is dat beide skole kinders van God is.