JF OESTER

Juffrou Elizri Malan – Jim Fouché verwelkom oudskolier

Feb 20, 2025

Berig Deur Lisa Smith

’n Onderwyser vol passie vir drama en kinders. Iemand wat gedrewe is en tot haar volle potensiaal wil styg. Sy skrik nie vir harde werk nie. Harde werk is vir háár bang.

Juffrou Elizri Malan se liefde vir drama ontwikkel in die hoërskool, met kunswedstryde en tienertonele. Min wetend dat dit die pad vir haar toekoms sou baan.

Met ’n BA van die Universiteit van die Vrystaat in Drama Teaterkuns, én ’n Honneursgraad in Teaterstudie met spesialisering in Toegepaste Teater by Stellenbosch agter die rug, is sy al baie ver op die leer, maar dit stop nie daar nie! Terwýl sy hier by JF werk, werk sy ook aan haar Nagraadse Onderwyssertifikaat (NGOS). As dit nog nie julle monde op die grond laat hang nie, het hierdie mekwaardige vrou óók hierdie jaar, wat nog net ’n maand lank is, ‘n dramaskool begin genaamd “Dramatiek Produksies.” Sy  wil hierdie jaar fokus om dit te dryf en te laat groei. Hierdie veelsydige onderwyser, hou ook van kamp en gedigte skryf.

“Kuns maak van ons ‘n wêreldbewoner” is Juffrou se insiggewende woorde. In ‘n wêreld vol lelik, sien sy die mooi en wil dit graag met ander deel. Sy wil die tieners met wie sy werk opvoed in meer as net drama.

Laaste maar beslis nie die minste nie, is haar gunsteling-Bybelvers Nahum 1:7:

“Die Here is goed, Hy is n toevlug in tyd van nood, Hy sorg vir dié wat by Hom skuil”

Deur Lisa Smith

 

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester KAF Jan 22, 2026

2026: Hier gaat ons al weer!

"Dit begin baie rustig en dit eindig baie rof; jy moet huil in die middel en dan moet jy ontplof!” En dit is, in die woorde van Robbie Wessels, hoe dié jaar hier by Hoërskool Jim Fouché begin!

Oester KAF Jan 15, 2026

Deur die lens: JP Crous

Daar is baie min woorde wat kan beskryf hoe dit voel wanneer die Here jou in ’n posisie plaas wat mense gesê het jy nie sal kan doen nie!

Oester Nuus Nov 28, 2025

JF TOER – ‘n REIS VOL HERINNERINGE

Elke jaar sien Hoërskool Jim Fouché se leerders uit na die JF-toer wat jaarliks in die September-/Oktobervakansie plaasvind, maar wat maak die toer so opwindend dat die leerders nie kan wag om op die bus te klim en in die pad te val nie?