Daar is nie ‘n enkele persoon wat hoërskool onaangeraak deur ‘n verleentheid klaar gemaak het nie. Hier is ‘n paar snaakse ‘glipsies’ wat al met verskeie hoërskoolleerders gebeur het:
- “Dit was die eerste week van graad agt en ons was sopas klaar met insouting. Ek het in wiskunde gesit toe ek begin naar voel… Daar was nie genoeg tyd om badkammer toe te hardloop nie, so terwyl Juffrou die een of ander wiskunde ding verduidelik, gooi ek op in die middel van die klaskamer, terwyl al die kinders na my staar. ‘n Paar het selfs gelag. Ek moes na die tyd ‘n mop gaan vind en skoon maak.”
- “Dit was my graad 12 jaar in 1986. Engels was nie my sterkste vak nie, julle agterkom soos die storie omvou. Die Engelse graadinspekteur het kom besoek aflê by ons skool. Ons Engelse juffrou het baie agterdogtige optredes gehad, sy het my genooi om saam met haar na die meisies badkamer te gaan. Toe ons daar kom, sê sy ek moet ingaan. Sonder om te dink of iets verdag te verwag trek sy die deur toe en sluit my binne toe. Van die buite kant af deel sy met my mee dat sy sal die deur kom oopsluit wanneer die inspekteur weg is.”
- Ek gaan oudisie vir koor. Almal in ons huis kan sing, dan moet ek ook mos kan. Juffrou speel ‘n noot en ek weergalm nuwe toonhoogtes. Juffrou neem al my gevoelens in ag, “Toe Ma met jou swanger was, het sy net op een noot gesing?” Daar is my sangloopbaan in skerwe. ‘n Vriend het altyd vir my gesê, “sing net in die kerk, Christene oordeel nie”
Kom ons besluit om liewers te lag as te huil wanneer iets soos dié gebeur, dan het die verleentheid geen mag oor ons nie.
Geskryf deur Lisa Smith
0 Comments