JF OESTER

Dit gaan mal by die Maskerbal!

May 29, 2025

Berig Deur Corlé Roos

’n Dinosaurus, ’n lyfwag en ’n prinses wals by ’n saal in … Dit klink dalk soos ’n droë grappie, maar dit is helaas nie, want op Vrydag, 9 Mei 2025, kon jy elke sprokieskarakter uit jou kleintyd op JF se dansvloer aanskou by ons eie maskerbal!

Alhoewel dit yskoud buite was, was die dansvloer binne in die saal aan die brand en selfone se kameras het gekliek. Wie kan in elk geval Bok van Blerk of Theuns Jordaan se sokkietreffers weerstaan as almal om jou dans dat die stof so staan? Selfs die manne met twee regtervoete het nie op hulle laat wag nie!

As jy hierdie jaar gewik en geweeg het om te gaan, maar toe eerder tuis gebly het … dan is dit tyd vir verandering! Skraap solank jou moed bymekaar, vra daai spesiale meisie of ou en kom wys ons by volgende jaar se maskerbal wat in jou steek!

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester Kultuur May 18, 2026

Doornkloof

Terwyl die meeste JF-leerders op toer was en ander maar net lekker hul April-vakansie geniet het, het die Voortrekkers op Doornkloof gaan kamp.

Oester KAF Mar 25, 2026

Daar is altyd lig in die donker!

As jy teen dié tyd van die kwartaal nog steeds wonder waar jy hoort, is daar daar ten minste één plek wat jou met ope arms sal verwelkom: JFFJ se nuwe LITT-kleingroepies. “LITT” staan vir Light in the Tunnel.