JF OESTER

JF se eerste krieketspan beleef goeie seisoen

Mar 13, 2024

Berig Deur Theani Botha

Berig deur Theani Botha

In verskeie vertonings van pure oorheersing het Jim Fouché se eerste krieketspan hul vaardighede op die veld ten toon gestel met ’n reeks indrukwekkende oorwinnings.

Hulle het tot dusver 27 t20-wedstryde gespeel, waarvan hulle 15 gewen het. Kom laat ons in hulle top 3 wedstryde induik:

Met hul wedstryd teen Grey het die eerste krieketspan die toon aangegee vir hul veldtog met ’n goeie oorwinning. Hulle het die opponente tot 147 lopies beperk. JF het hierop gereageer met met 148 lopies en die verlies van net een paaltjie.

Teen Fichardpark het JF ’n skitterende wedstryd op die veld gelewer. Ten spyte van ’n gedugte teenstander, het die span gewen met 148/5 teen 147. En derde in die top 3-wedstryde, het die span teen Saint Andrews gespeel en gewen met 143/4. Die opponent het net 101 lopies aangeteken.

Hulle gaan in Junie na Rustenburg toer, en in September na Mosselbaai, en volgens Cobus Wilken is Kaapstad ook op die “bucket list.” Hierdie span kan egter nie net goed krieket speel nie, maar het ’n sin vir humor ook, veral met Marco de Lange en Pieter Conradie in hulle span!

Volgens die span speel hulle op hulle gemaklikste op Grey College se krieketveld. Hulle steur hul duidelik nie aan “tuisterreinvoordeel” nie, maar slaan die bal uit die park uit (spreekwoordelik, natuurlik), maak nie saak waar hulle speel nie. Volgens die Oester se bronne is Lian Theron die beste bouler en Adrian de Necker die beste kolwer in die span . Die eerste krieketspan het ook baie goeie leiding met Lian Theron en Pieter Conradie as medekapteine en mnr. Thiardt Ingram as afrigter.

Die eerste krieketspan maak JF trots!

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester KAF Oct 14, 2025

Die beste van alle tye…regtig!

Die amptelike KKNK webwerf beskryf die blitsteater toneelstuk “Beste van alle tye” as volg:

“’n Musikale sketskomedie met ’n kinkel. Moenie tevrede wees met die alledaagse wanneer jy kan uitblink nie. Twintig minute van die beste . . . nie net van nou nie, maar van alle tye!”

Oester KAF Oct 14, 2025

Lus ‘n bietjie Ont-

Die amptelike KKNK webwerf beskryf die toneelstuk “Ont-” as volg:

“Ont- is ’n solostuk wat die grootwordproses van ’n jong Afrikaner ontleed."

Oester KAF Oct 14, 2025

Werklike KUNS

Die KKNK webwerf beskryf die toneel “KUNS” as volg:

“Buiten dat smaak verskil, is daar ook al menigte argumente gevoer oor die konsep van wat kuns is, wat nog te sê wat goeie kuns is."