JF OESTER

Werklike KUNS

Oct 14, 2025

Berig Deur Gé Coetzee

Die KKNK webwerf beskryf die toneel “KUNS” as volg:

“Buiten dat smaak verskil, is daar ook al menigte argumente gevoer oor die konsep van wat kuns is, wat nog te sê wat goeie kuns is. Die vriendskap van drie jare lange vriende – Serge, Marc en Yvan – word tot die uiterste beproef wanneer Serge ’n groot, duur skildery koop. Uiteenlopende menings oor Serge se kopie kring gou veel wyer uit as bloot net ’n waardeoordeel oor kuns.”

In hierdie toneelstuk koop Serge, iemand wat ‘n sagte plek het vir moderne kuns, ‘n groot, duur, spierwit, met ‘n paar effense minder wit lyne, skildery. Marc glo dat Serge sy geld gemors het op hierdie item. Hierdie meningsverskil, oor wat as “kuns” beskou kan word, begin ’n geveg in hul 15 jaar lange vriendskap. Hulle arme vriend Yvan bevind homself in die middel van die twee se konflik. Hy probeer om beide partye te kalmeer en tevrede te stel, maar vererger die situasie net nog meer.

Yasmina Reza, een van die mees gevierde kontemporêre Franse dramaturge, se toneel, Art, is een van die suksesvolste komedies in teater. Haar toneel is al in 20 tale vertaal en het talle pryse gewen, onder meer ’n Laurence Olivier- en ’n Tony-prys.

MET: Wessel Pretorius, Ludwig Binge en Wilhelm van der Walt 

TEKS: Yasmina Reza 

VERTALING: Naómi Morgan 

OORSPRONKLIKE TITEL: Art 

REGIE EN ONTWERP: Marthinus Basson 

BELIGTINGSONTWERP EN VERHOOGBESTUURDER: Nicolaas de Jongh 

VERVAARDIGER: KKNK

BRONNE:

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester KAF Oct 14, 2025

Die beste van alle tye…regtig!

Die amptelike KKNK webwerf beskryf die blitsteater toneelstuk “Beste van alle tye” as volg:

“’n Musikale sketskomedie met ’n kinkel. Moenie tevrede wees met die alledaagse wanneer jy kan uitblink nie. Twintig minute van die beste . . . nie net van nou nie, maar van alle tye!”

Oester KAF Oct 14, 2025

Lus ‘n bietjie Ont-

Die amptelike KKNK webwerf beskryf die toneelstuk “Ont-” as volg:

“Ont- is ’n solostuk wat die grootwordproses van ’n jong Afrikaner ontleed."