JF OESTER

0/19C: Kampioene van die Rosestad

Aug 1, 2025

Berig Deur Adele Pienaar

In ’n skool waar elke nuwe jaar met dieselfde woorde afgeskop word — “Elke span is belangrik, van die A-span tot die E-span” — het ons 0/19C-netbalspan iets besonders gedoen. Hulle het nie net gespeel nie. Hulle het gewen. Hulle het nie net gewen nie. Hulle het die stadsliga gewen!

Die 0/19C-span het hierdie seisoen regtig gewys wat spanwerk, deursettingsvermoë en pure talent beteken. Van hul eerste wedstryd af was dit duidelik: Hierdie groep het gekom om die kompetisie op hul neuse te wys! Met slegs ’n handjievol nederlae deur die hele jaar, is dit duidelik dat hul rekord nie net “goed” is nie — dis kampioenmateriaal!

Wat mense dalk nie sien nie, is wat agter die skerms gebeur. Die sweet. Die blou kolle. Die opofferings. Hierdie span het elke dag opgedaag — soms moeg, soms koud, soms met huiswerk wat wag — maar altyd daar, altyd gereed om te oefen en beter te word. Hulle het nie net vir hulself gespeel nie, maar vir mekaar. Want dit is wat hulle ’n wenspan gemaak het: ware spanwerk en ’n ongelooflike toewyding aan hul sport én aan mekaar.

Maar geen groot wenspan is volledig sonder ’n merkwaardige afrigter nie — en dié een is ’n ster in eie reg. Juffrou Nicolene Joubert was die dryfkrag agter hierdie span se sukses. Met haar passie vir netbal, haar positiewe gees en haar onwrikbare geloof in elke speler, het sy nie net hul tegniek geslyp nie, maar hul harte geïnspireer. Sy het nie net afgerig nie; sy het selfvertroue gebou, en spaneenheid en ware sportmanskap gekweek.

Die 0/19C-span het gewys wat dit beteken om ware sportsterre te wees. En of hulle op papier nou eerste of derde is, hulle sal altyd in ons oë wees: eerste plek vir trots, spanwerk, deursettingsvermoë en ’n coach wat hulle met haar hele hart ondersteun het.

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester KAF Oct 14, 2025

Die beste van alle tye…regtig!

Die amptelike KKNK webwerf beskryf die blitsteater toneelstuk “Beste van alle tye” as volg:

“’n Musikale sketskomedie met ’n kinkel. Moenie tevrede wees met die alledaagse wanneer jy kan uitblink nie. Twintig minute van die beste . . . nie net van nou nie, maar van alle tye!”

Oester KAF Oct 14, 2025

Lus ‘n bietjie Ont-

Die amptelike KKNK webwerf beskryf die toneelstuk “Ont-” as volg:

“Ont- is ’n solostuk wat die grootwordproses van ’n jong Afrikaner ontleed."

Oester KAF Oct 14, 2025

Werklike KUNS

Die KKNK webwerf beskryf die toneel “KUNS” as volg:

“Buiten dat smaak verskil, is daar ook al menigte argumente gevoer oor die konsep van wat kuns is, wat nog te sê wat goeie kuns is."