JF OESTER

NIGGIES – DIE SKOKVERHAAL WAT SUID-AFRIKA AANGEGRYP HET

Jul 29, 2025

Berig Deur Paula Swart

‘n Storm woed deur ’n Vrystaatse dorpie. Niks gaan weer dieselfde wees nie.

Die meeste Suid-Afrikaners het die reeks “Niggies” gekyk, wat gebaseer is op ’n ware verhaal. Stokstywe rue op banke, geskokte oë wat dit nie kon glo nie. Gedagtes wat wonder: “Hóé kon so iets gebeur?” Rooi-en-blou ligte flikker, spanning loop oor, en so begin die soektog na die skuldige een.

Die jaar is 1966. Dit is ’n normale dag in die rustige dorpie, Odendaalsrus … Of dit is wat almal gedink het. Dan word twee niggies wreedaardig verkrag en vermoor. ’n Familie se lewe staan stil; ’n gemeenskap word geruk; ’n broer wy sy lewe daaraan toe om antwoorde te vind. ’n Mens sou nie so ’n hartverskeurende ding in ’n klein dorpie verwag nie, maar so kom die donkerte uit en wag vir die perfekte tyd om toe te slaan.

As die familie antwoorde soek, begin hulle teen mekaar draai en skielik ontbloot hulle hulle ware kleure.

Die verhaal wys ons hoe ’n mens se lewe in ’n oogknip van geluk na hartseer kan verander. Ons leer ook lesse hieruit: Die wêreld is nie altyd veilig nie. Bose mense verrig gruwelike dade en onskuldiges word die prooi.

Janru Steenkamp (André Fourie) is ’n jong akteur wat nuut is op almal se skerms. Van dramaklasse en verhoogopvoerings na ’n groot TV-reeks wat sy lewe verander het. Hy moes in die karakter van André inkruip, maar hoe doen jy dit as jy selfs nie weet hoe die persoon moes gevoel het nie?

In ’n onderhoud met Maroela Media vertel hy:

“Die uitdaging was om te probeer begryp hoe moeilik so iets moet wees. Jy moet die eerlikheid en emosie daarvan kan oordra – veral omdat dit ’n ware verhaal is. Maar terselfdertyd wil jy nie indink dat so iets met jou eie sussie kan gebeur nie.”

Die verhaal gee vir mense rillings, maar los ook ’n klomp vrae wat die kykers laat wakker bly. Soos ouers wat wonder of so iets dalk nie met hulle kinders kan gebeur nie?

In die gange van Hoërskool Jim Fouché word daar gefluister. Leerders vertel mekaar die verhaal oor en oor, deel opinies. Die onskuld van ’n dorpie is nou verlore en die waarheid … is na dekades eers ontbloot.

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester KAF Oct 14, 2025

Die beste van alle tye…regtig!

Die amptelike KKNK webwerf beskryf die blitsteater toneelstuk “Beste van alle tye” as volg:

“’n Musikale sketskomedie met ’n kinkel. Moenie tevrede wees met die alledaagse wanneer jy kan uitblink nie. Twintig minute van die beste . . . nie net van nou nie, maar van alle tye!”

Oester KAF Oct 14, 2025

Lus ‘n bietjie Ont-

Die amptelike KKNK webwerf beskryf die toneelstuk “Ont-” as volg:

“Ont- is ’n solostuk wat die grootwordproses van ’n jong Afrikaner ontleed."

Oester KAF Oct 14, 2025

Werklike KUNS

Die KKNK webwerf beskryf die toneel “KUNS” as volg:

“Buiten dat smaak verskil, is daar ook al menigte argumente gevoer oor die konsep van wat kuns is, wat nog te sê wat goeie kuns is."