JF OESTER

NIGGIES – DIE SKOKVERHAAL WAT SUID-AFRIKA AANGEGRYP HET

Jul 29, 2025

Berig Deur Paula Swart

‘n Storm woed deur ’n Vrystaatse dorpie. Niks gaan weer dieselfde wees nie.

Die meeste Suid-Afrikaners het die reeks “Niggies” gekyk, wat gebaseer is op ’n ware verhaal. Stokstywe rue op banke, geskokte oë wat dit nie kon glo nie. Gedagtes wat wonder: “Hóé kon so iets gebeur?” Rooi-en-blou ligte flikker, spanning loop oor, en so begin die soektog na die skuldige een.

Die jaar is 1966. Dit is ’n normale dag in die rustige dorpie, Odendaalsrus … Of dit is wat almal gedink het. Dan word twee niggies wreedaardig verkrag en vermoor. ’n Familie se lewe staan stil; ’n gemeenskap word geruk; ’n broer wy sy lewe daaraan toe om antwoorde te vind. ’n Mens sou nie so ’n hartverskeurende ding in ’n klein dorpie verwag nie, maar so kom die donkerte uit en wag vir die perfekte tyd om toe te slaan.

As die familie antwoorde soek, begin hulle teen mekaar draai en skielik ontbloot hulle hulle ware kleure.

Die verhaal wys ons hoe ’n mens se lewe in ’n oogknip van geluk na hartseer kan verander. Ons leer ook lesse hieruit: Die wêreld is nie altyd veilig nie. Bose mense verrig gruwelike dade en onskuldiges word die prooi.

Janru Steenkamp (André Fourie) is ’n jong akteur wat nuut is op almal se skerms. Van dramaklasse en verhoogopvoerings na ’n groot TV-reeks wat sy lewe verander het. Hy moes in die karakter van André inkruip, maar hoe doen jy dit as jy selfs nie weet hoe die persoon moes gevoel het nie?

In ’n onderhoud met Maroela Media vertel hy:

“Die uitdaging was om te probeer begryp hoe moeilik so iets moet wees. Jy moet die eerlikheid en emosie daarvan kan oordra – veral omdat dit ’n ware verhaal is. Maar terselfdertyd wil jy nie indink dat so iets met jou eie sussie kan gebeur nie.”

Die verhaal gee vir mense rillings, maar los ook ’n klomp vrae wat die kykers laat wakker bly. Soos ouers wat wonder of so iets dalk nie met hulle kinders kan gebeur nie?

In die gange van Hoërskool Jim Fouché word daar gefluister. Leerders vertel mekaar die verhaal oor en oor, deel opinies. Die onskuld van ’n dorpie is nou verlore en die waarheid … is na dekades eers ontbloot.

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester Kultuur May 18, 2026

Doornkloof

Terwyl die meeste JF-leerders op toer was en ander maar net lekker hul April-vakansie geniet het, het die Voortrekkers op Doornkloof gaan kamp.

Oester KAF Mar 25, 2026

Daar is altyd lig in die donker!

As jy teen dié tyd van die kwartaal nog steeds wonder waar jy hoort, is daar daar ten minste één plek wat jou met ope arms sal verwelkom: JFFJ se nuwe LITT-kleingroepies. “LITT” staan vir Light in the Tunnel.