Wat is ’n pa? Hy is ’n huis se fondament; ’n dogter se eerste liefde , en ’n seun se grootste held. ’n Pa het ’n ongelooflike belangrike rol in die samelewing; daarom word Vadersdag jaarliks internasionaal elke derde Sondag van Junie gevier.
Aan elke Pappa, dankie vir alles wat vir jy vir jou gesin doen; elke oggend se opstaan nog voordat die son sy kop uitsteek, sonder om te kla, en vir elke stukkie advies. Mag elke pappa vandag bederf word en ’n lekker koppie boeretroos in dié koue ontvang.
Ons waardeer julle en ons sien julle raak!
“The best fathers have the softest, sweetest hearts. In other words, great dads are real marshmallows.” – Richelle E. Goodrich
0 Comments