JF OESTER

Afrikaans word 100 jaar oud!

May 8, 2025

Berig Deur Ansje Bekker

Waar ook al daar Afrikaans is, is daar kans vir saam praat, saam luister en saam staan. Kans vir opbou … sonder ophou. Kans vir skep – vreesloos en skaamteloos. Kans om elke tree in een reusesprong te verander.

Afrikaans vier in 2025 haar eeufees as amptelike taal. Hoewel ons die taal al vir honderde jare gebruik, vier ons op 8 Mei 2025 ’n besonderse mylpaal: 100 jaar sedert Afrikaans amptelik erken is.

Maar wat beteken dit juis wanneer ’n taal amptelike status verwerf? Dit beteken dat die taal deur die regering wetlik erken word vir gebruik in onderwys, regspraak, administrasie en openbare lewe. Vir Afrikaans het hierdie geskiedkundige oomblik op 8 Mei 1925 aangebreek — ’n oomblik wat die weg gebaan het vir die taal om te floreer in skole, universiteite, parlemente en selfs howe. Afrikaans het binne enkele dekades van ’n huistaal tot ’n volwaardige akademiese taal ontwikkel — een van die vinnigste taalontwikkelings ter wêreld. Dit is ’n merkwaardige prestasie, getuig van gemeenskappe wat trots, toewyding en vasberadenheid beliggaam.

Afrikaans is vandag een van Suid-Afrika se elf amptelike tale, en dié ryk nalatenskap word onder meer gevier met die Afrikaanse Taalmonument in Paarl. Die monument dien as ’n sigbare baken van hoop vir die ontwikkeling en erkenning van álle Afrikatale. Geïnspireer deur die natuurlike omgewing en Afrikaanse skrywers se beskrywings van die taal, het Jan van Wijk — die argitek — ’n simboliekbelaaide struktuur ontwerp wat organies met die inheemse fynbos versmelt. Water, rots en taalwortels vloei saam om ’n ewiggroeiende taalboom te vorm — stewig gewortel in Afrika.

Afrikaans is veelsydig, kleurvol en uniek. Dit bevat treffende taalverskynsels, boeiende woorde en betekenisvolle idiome. JF-leerders en -onderwysers is duidelik passievol oor Afrikaans. By JF het ons selfs ’n biblioteek, gestig deur juffrou Annali Wilken – ’n plek waar stories leef. Ons onderwysers se liefde vir die taal is aansteeklik… en dít is hoekom JF-leerders so gaande is oor Afrikaans! ’n Paar van hul gunsteling-Afrikaanse woorde sluit in: lukraakkraakvarspoenankiessloertoer en flaterwater.

Wat ’n heerlike skatkis van woorde!

Laastens — ’n interessante feit: Afrikaans word internasionaal as een van die maklikste tale beskou om aan te leer. Met ’n eenvoudige, moderne grammatika, geslagsvrye naamwoorde en ’n oorvloed beskrywende en idiomatiese uitdrukkings, is Afrikaans nie net toeganklik nie, maar ook ongelooflik kreatief. Jaarliks verruim ons die taal met oorspronklike, nuwe woorde –  ’n bewys van Afrikaans se lewenskragtigheid en aanpasbaarheid.

Mag 8 Mei vir elkeen ’n dag van viering wees –  ’n dag om ons geliefde taal te eer! Dink gerus aan jou eie gunsteling-Afrikaanse woord, idioom of boek… en vier saam!

 

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester KAF Oct 14, 2025

Die beste van alle tye…regtig!

Die amptelike KKNK webwerf beskryf die blitsteater toneelstuk “Beste van alle tye” as volg:

“’n Musikale sketskomedie met ’n kinkel. Moenie tevrede wees met die alledaagse wanneer jy kan uitblink nie. Twintig minute van die beste . . . nie net van nou nie, maar van alle tye!”

Oester KAF Oct 14, 2025

Lus ‘n bietjie Ont-

Die amptelike KKNK webwerf beskryf die toneelstuk “Ont-” as volg:

“Ont- is ’n solostuk wat die grootwordproses van ’n jong Afrikaner ontleed."

Oester KAF Oct 14, 2025

Werklike KUNS

Die KKNK webwerf beskryf die toneel “KUNS” as volg:

“Buiten dat smaak verskil, is daar ook al menigte argumente gevoer oor die konsep van wat kuns is, wat nog te sê wat goeie kuns is."