JF OESTER

Die Kwiksilvers (2024)

Mar 28, 2025

Met Jordy Sank, Gabriella Blumberg en Marista van Eden  

As jy ooit jou oupa of ouma onderskat het omdat hulle oud is en hulle jou die teendeel (dat hulle wel oud, maar definitief nog nie koud is nie!) bewys het, is hierdie fliek vir jou! 

In die film ontmoet ons die hardkoppige Elsabé Marais, haar nuuskierige buurvrou Anna, die energieke Mienkie en laastens die introvert, Katie.  Saam besluit dié vier om in Elsabé en haar oorlede ma se Ford Granada, genaamd Kwiksilver, te klim, en vir die heel laaste keer ‘n avontuur deur die Karoo aan te pak op pad na die Sutherland Planetarium om na meteoriete te kyk sonder dat Elsabé se seun, Wickus, wat sterk op hulle spoor is, hulle vind. 

Die film bestaan uit lekker-lag-tonele en tog ontdek elkeen van die vier karakters ‘n nuwe kant van hulself.  Die film het in 2024 by die Silwerskermfees gewys en jonk tot oud sal dit gkan geniet.

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester KAF Oct 14, 2025

Die beste van alle tye…regtig!

Die amptelike KKNK webwerf beskryf die blitsteater toneelstuk “Beste van alle tye” as volg:

“’n Musikale sketskomedie met ’n kinkel. Moenie tevrede wees met die alledaagse wanneer jy kan uitblink nie. Twintig minute van die beste . . . nie net van nou nie, maar van alle tye!”

Oester KAF Oct 14, 2025

Lus ‘n bietjie Ont-

Die amptelike KKNK webwerf beskryf die toneelstuk “Ont-” as volg:

“Ont- is ’n solostuk wat die grootwordproses van ’n jong Afrikaner ontleed."

Oester KAF Oct 14, 2025

Werklike KUNS

Die KKNK webwerf beskryf die toneel “KUNS” as volg:

“Buiten dat smaak verskil, is daar ook al menigte argumente gevoer oor die konsep van wat kuns is, wat nog te sê wat goeie kuns is."