JF OESTER

Die Kwiksilvers (2024)

Mar 28, 2025

Met Jordy Sank, Gabriella Blumberg en Marista van Eden  

As jy ooit jou oupa of ouma onderskat het omdat hulle oud is en hulle jou die teendeel (dat hulle wel oud, maar definitief nog nie koud is nie!) bewys het, is hierdie fliek vir jou! 

In die film ontmoet ons die hardkoppige Elsabé Marais, haar nuuskierige buurvrou Anna, die energieke Mienkie en laastens die introvert, Katie.  Saam besluit dié vier om in Elsabé en haar oorlede ma se Ford Granada, genaamd Kwiksilver, te klim, en vir die heel laaste keer ‘n avontuur deur die Karoo aan te pak op pad na die Sutherland Planetarium om na meteoriete te kyk sonder dat Elsabé se seun, Wickus, wat sterk op hulle spoor is, hulle vind. 

Die film bestaan uit lekker-lag-tonele en tog ontdek elkeen van die vier karakters ‘n nuwe kant van hulself.  Die film het in 2024 by die Silwerskermfees gewys en jonk tot oud sal dit gkan geniet.

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester Kultuur Aug 25, 2026

JF vier Kultuur

Probeer om voor mense te leer praat of help met 'n ATKV-projek, want as daar één ding is wat kultuur jou leer, is dit om braaf te wees, al is jy bang.

Oester KAF May 29, 2026

Die Big Brag

Die jaarlikse Big Brag was weereens ’n besonderse hoogtepunt op JF se kalender. ’n Dag gevul met trots, opgewondenheid en ware JF-gees.