JF OESTER

Omgee-waarde

Feb 18, 2025

Berig Deur Lisa Smith

Berig deur: Lisa Smith

Omgee is nie ’n eienskap wat mens dikwels as ’n waarde sien nie; mens sien dit eerder as iets wat jy vir ’n persoon na aan jou voel. Maar om om te gee vir iemand buite jou binnekring – dit is wat van omgee ’n Christelike waarde maak.

Die tweede, en belangrikste gebod, volgens Jesus, is: “Hê jou naaste lief soos jouself” – Markus 12:31. Jou naastes verwys nie net na die mense aan wie jy die naaste is nie, maar na almal met wie jy paaie kruis.

Wanneer ons kyk na die voorbeeld wat vir ons gestel is deur Jesus Christus, was sy omgee die genade wat hy aan ons getoon het deur Homself vir ons te offer.

Die offer wat óns vandag vir ander kan bring, is ons tyd, wat behels om aandag te gee aan wat om ons aangaan en regtig te sien wat ander nodig het. Of dit nou is om jou tunabrootjie te deel of om te help om ’n swaar tas te dra, gee ietsie kleins, gee ’n bietjie van jouself. Gee om.

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester KAF Oct 14, 2025

Die beste van alle tye…regtig!

Die amptelike KKNK webwerf beskryf die blitsteater toneelstuk “Beste van alle tye” as volg:

“’n Musikale sketskomedie met ’n kinkel. Moenie tevrede wees met die alledaagse wanneer jy kan uitblink nie. Twintig minute van die beste . . . nie net van nou nie, maar van alle tye!”

Oester KAF Oct 14, 2025

Lus ‘n bietjie Ont-

Die amptelike KKNK webwerf beskryf die toneelstuk “Ont-” as volg:

“Ont- is ’n solostuk wat die grootwordproses van ’n jong Afrikaner ontleed."

Oester KAF Oct 14, 2025

Werklike KUNS

Die KKNK webwerf beskryf die toneel “KUNS” as volg:

“Buiten dat smaak verskil, is daar ook al menigte argumente gevoer oor die konsep van wat kuns is, wat nog te sê wat goeie kuns is."