JF OESTER

Omgee-waarde

Feb 18, 2025

Berig Deur Lisa Smith

Berig deur: Lisa Smith

Omgee is nie ’n eienskap wat mens dikwels as ’n waarde sien nie; mens sien dit eerder as iets wat jy vir ’n persoon na aan jou voel. Maar om om te gee vir iemand buite jou binnekring – dit is wat van omgee ’n Christelike waarde maak.

Die tweede, en belangrikste gebod, volgens Jesus, is: “Hê jou naaste lief soos jouself” – Markus 12:31. Jou naastes verwys nie net na die mense aan wie jy die naaste is nie, maar na almal met wie jy paaie kruis.

Wanneer ons kyk na die voorbeeld wat vir ons gestel is deur Jesus Christus, was sy omgee die genade wat hy aan ons getoon het deur Homself vir ons te offer.

Die offer wat óns vandag vir ander kan bring, is ons tyd, wat behels om aandag te gee aan wat om ons aangaan en regtig te sien wat ander nodig het. Of dit nou is om jou tunabrootjie te deel of om te help om ’n swaar tas te dra, gee ietsie kleins, gee ’n bietjie van jouself. Gee om.

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester KAF May 29, 2026

Die Big Brag

Die jaarlikse Big Brag was weereens ’n besonderse hoogtepunt op JF se kalender. ’n Dag gevul met trots, opgewondenheid en ware JF-gees.

Oester Kultuur May 25, 2026

Gelykop

Classic Clash — ’n mens dink altyd net aan die rugby-, hokkie- en netbaluitslae, maar aan skaak dink ’n mens nie dikwels nie.

Oester Kultuur May 18, 2026

Doornkloof

Terwyl die meeste JF-leerders op toer was en ander maar net lekker hul April-vakansie geniet het, het die Voortrekkers op Doornkloof gaan kamp.