JF OESTER

Juffrou Chané Birk

Feb 20, 2025

Berig Deur Lisa Smith

Danksy nóg ’n juffrou wat mamma geword het, sluit juffrou Chané Birk by die JF-familie as aflosonderwyser aan.

Hierdie juffrou het al reeds ’n voorsmakie van die JF-gees gekry toe sy in 2024 hier geproef het. Sy sê dat sy vreeslik baie respek vir hierdie wonderlike skool het en dat sy mal daaroor is om deel te wees van ons, al is dit net vir ’n kort rukkie.

Liefde vir die Afrikaanse taal en letterkunde is wat haar gedryf het na onderwys. Sy het tans haar hande vol met studies en dan ook klasse vol raserige tieners as Afrikaans-aflos. Sy doen beslis ’n balanseertoertjie. Ná haar tyd by JF, en wanneer sy uiteindelik agter die boeke uit is met ’n graad, wil sy graag vir ’n voltydse werk soek waar sy haar onderwysdrome kan uitleef.

Met so ’n bedrywige skedule, is dit geen wonder dat sy in haar vrye tyd die rustigheid van boeke uitsoek en haar brein wil laat afskakel met ‘n TV-reeks so elke nou en dan nie.

Ek los julle met Juffrou Chané se gunsteling-Bybelversie, Johannes 13:7:

“En Jesus antwoord hom: ‘Wat Ek doen, begrip jy nie nóú nie, maar later sal jy dit verstaan.’”

Deur Lisa Smith

Kategories

Argiewe

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Oester KAF Oct 14, 2025

Die beste van alle tye…regtig!

Die amptelike KKNK webwerf beskryf die blitsteater toneelstuk “Beste van alle tye” as volg:

“’n Musikale sketskomedie met ’n kinkel. Moenie tevrede wees met die alledaagse wanneer jy kan uitblink nie. Twintig minute van die beste . . . nie net van nou nie, maar van alle tye!”

Oester KAF Oct 14, 2025

Lus ‘n bietjie Ont-

Die amptelike KKNK webwerf beskryf die toneelstuk “Ont-” as volg:

“Ont- is ’n solostuk wat die grootwordproses van ’n jong Afrikaner ontleed."

Oester KAF Oct 14, 2025

Werklike KUNS

Die KKNK webwerf beskryf die toneel “KUNS” as volg:

“Buiten dat smaak verskil, is daar ook al menigte argumente gevoer oor die konsep van wat kuns is, wat nog te sê wat goeie kuns is."